Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 10360 resensies.

Hanover, Noord-Kaap

The Hanover

"Die kerk is prentjiemooi en ek sal ure vir hom sit en kyk. Ek hoop die dorp sal nog lank bestaan."

Kathu, Noord-Kaap

@DeVosRus Gastehuis

"Kathu se ligging is ideaal vir oorslaap as jy reis vanaf Gauteng na Namibië of die Weskus. Die dorp het my aangenaam verras."

Prieska, Noord-Kaap

Overnight @ Prieska

"Baie rustig en veilig."

Hartswater, Noord-Kaap

Fairview Guest House

"Ek het baie lank daar gewerk en ken baie mense daar, maar dit is 'n lekker dorp met baie goeie mense. Die dorp brei ook baie uit met geleenthede vir almal daar. 'n Besige dorp."

Keimoes, Noord-Kaap

The Overlook

"Op 'n Sondagaand was dit baie moeilik om geholpe te raak vir ete."

Colesberg, Noord-Kaap

Chrizaan Guest House

"Baie interessant, vreeslik geniet, eg plattelands, interessante en gesellige restaurante, heerlike kos, vriendelike mense!"

Keimoes, Noord-Kaap

La Palma Lodge

"Keimoes se mense is ongelooflik vriendelik en ons kuier daar was baie aangenaam. Gaan drink 'n dop in die hotel en gesels met Antie Jeanette oor die dorp se geskiedenis en besienswaardighede. Ons sal volgende keer langer wil bly."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Die dorp se hoofstraat het definitief aandag nodig. Ek het in ‘n reënstorm daar aangeland en deur ‘n hele paar gate en modderplasse gery om my weg te vind. Die swaar voertuie deur die dorp rig groot skade aan die paaie. Vanaf Bloemfontein is die Caltex-garage die wenner met hulle Spur, Seatle Coffee Shop en Fresh Stop-fasiliteite. Die personeel daar is vriendelik en hulpvaardig."

Britstown, Noord-Kaap

Rosedale Guest Cottage

"Britstown is 'n tipiese Karoodorpie met weinig om te doen, maar die vriendelikheid van die mense maak op vir die gebrek aan doendinge. Praat met die mense oor die dorp en hulle is entoesiasties oor hulle en hul dorp se geskiedenis."

Kimberley, Noord-Kaap

Hadida Guest House

"Kimberley is 'n fantastiese toeristebestemming. Dis net jammer dat sekere woongebiede nie ordentelik gediens word deur die manusipliteit nie. Ons het meer as een stortreënbui gehad oor 'n tydperk van 3 dae en die strate was oorstroom. Daar was meer sand as teerpad. Dit wil sê die strate en dreineringstelsel was nooit gediens nie. Vullis hoop oral op en die gesig van Kimberley is volgens my lelik geskend. Sol Plaatjie Munisipaliteit gee slegte diens."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

De Oude Pastorie Gastehuis

"Hulle moet hulle ou geboue net so behou en niks moderniseer nie. Dit gee karakter aan die rustige Karoodorp."

Springbok, Noord-Kaap

Undulata Country Lodge

"Ek het nie tyd gehad om die dorp te ondersoek nie, maar die ete by die Pot & Barrel Restaurant was puik."

Kakamas, Noord-Kaap

Palmhof Chalets

"'n Baie mooi en netjiese omgewing."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Perfekte halfwegstop!"

Colesberg, Noord-Kaap

De Vuur Gastehuis

"Stil plattelandse dorp met baie gastehuise."

El Toro Park, Noord-Kaap

Hummingbird Suite

"Rustige buurt naby genoeg aan als."

Colesberg, Noord-Kaap

Brand Guesthouse

"Lovely and friendly people."

Vanderkloof, Noord-Kaap

Get More Lodge

"Dis 'n baie mooi plek vir toeriste."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

HonneHokke Resort

"Dit is 'n unieke plek wat nie in almal se smaak sal val nie, as jy stilte en vrede soek is dit waarheen jy moet gaan. Ek sal weer en weer teruggaan. Nog nooit het ek so uitgerus gevoel na 'n vakansie nie. Nie eers die twee dae lange reis in die hitte terug na Johannesburg kon dit wat ek daar ervaar het, uitvee nie."

Upington, Noord-Kaap

Kleinbegin Olienhout Accommodation

"Net een nag oorgeslaap en gaan eet by Ocean Basket. Baie lekker en skoon."

Springbok, Noord-Kaap

Springbok Inn

"Dit het sy eie skoonheid al is dit nie blommetyd nie."

Prieska, Noord-Kaap

Overnight @ Prieska

"Garage-pizza is 'n treffer!"

Kleinsee, Noord-Kaap

Blue Diamond Kleinzee

"Kleinzee is remote, but still central for visits to Port Nolloth, Richtersveld, Hondeklip Bay. Great place to break away from the city. The dirt road, however, makes it difficult to access, but I guess that is how the little town keeps it's "innocence"."

Williston, Noord-Kaap

Ark Gastehuis and B&B

"Buiten Williston Mall is daar nie veel te sien of doen in die dorp nie en langer as twee dae se verblyf mag dalk langdradig begin voel. Dit is wel die perfekte plek as jy vir 'n paar dae wil verdwyn."

Richmond, Noord-Kaap

Three Birds Country House

"Onindrukwekkende dorpie van buite, maar beslis 'n juweel in die Karoo."

Blad
Blad 272 - Wys 8131 tot 8160
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem