Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6503 resensies.
"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."
"Pragtige dorp met interessante natuurskoon en fasiliteite - rivier, strand, lang plank-wandelpad."
"Unfortunately Dordrecht did not get enough rain in the last season and is undergoing a terrible drought, but the mountains and surroundings are still breathtaking. We pray for rain soon. "
"Dis 'n pragtige plekkie (ek het jare terug daar gebly) met heelwat restaurantjies en eetplekke met heerlike kos en goedkoop. 'n Groot Spar, ens. en net 60 km vanaf Jeffreysbaai en 20 km vanaf PE. Vriendelike mense."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Colleen Glen Self-catering Cottage"Genuine nice experience overall. Friendly people, very helpful - we missed a few turns but the people were willing to assist."
"Verrassende omgewing met wat dit alles bied . Pragtige besienswaardighede en ongelooflike mooi historiese geboue om te sien."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Glenelg Road Guest House"PE seems to have got its act together in terms of general cleanliness of the city which was immediately noticeable. It has everything that one expects of a city of this size including clean and attractive beaches."
"If you want to literally disconnect and get away from it all, Cintsa is a perfect place to start. Beaches are incredible - you can literally walk for miles! Pizzas at the Barefoot Cafe were outstanding. Meals at The C Club were great and good value for money. Perfect spot for a family meal. Live music on weekends was a pleasant and unexpected surprise."
"Gannabos is in die distrik van Venterstad. Dit bied rustigheid en 'n gevoel dat sake goed bestuur word."
"Baie sentraal en maklik om by die see te kom. Winkelsentrum is ook binne 2-3 minute van gastehuis. Luggage ook naby."
"Polka restaurant was 'n baie besonderse ervaring en die kaktus en vetplant kwekery was 'n groot verassing. Die museum uitstallings was baie goed en die mense baie vriendelik en hulpvaardig. Ons kon nie die kerk besoek nie want die dame daar was op die foon en het geen aanduiding gegee dat ons kon binnekom nie. Die ou historiese dorp was skoon en netjies ten spyte van die sigbare armoede van die mense. Dit was lekker om weer na 25 jaar daar te kon rondstap."
"Sondagsriviervallei het my baie beïndruk en laat mens wonder hoe het dit in die ou jare gelyk."