Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Mooiste plek en beste vakansiebestemming ooit. Gelukkig is ek hier gebore, maar dit bly net mooi en rustig."
"Witsand is 'n bestemming wat dag by dag al dieper onder mens se vel klim soos mens die ritmes by inval. Ek het verwagtinge gehad en dis alles oortref."
"Oudshoorn het so baie besienswaardighede wat jy kan besoek. Ons naweek was te kort. Ek dink 'n week of twee is genoeg. My kleinkind het hom so geniet."
"Mosselbaai is die skoonste dorp wat ek al in was. Mooi, ou geboue en klomp winkeltjies. Baie eetplekke om van te kies. Die klimaat was perfek. Die see is lekker om in te swem. Die strande mooi en skoon. Definitief 'n plek wat my baie meer gaan sien."
"Mosselbaai is my geboortedorp en daar sal altyd 'n hunkering wees om daar te gaan kuier!"
"Ons geniet George, goeie kombinasie van platteland en gerief. Baie gholfbane en goed om te doen."
"Ek het vir die Groot Pampoenfees deurgekom en het dit baie geniet. Ek dink die dorp kan nog baie toerisme lok."
"Stilbaai het my verbaas. Ons is versot op die pragtige, heuwelagtige dorpie met bome en groen plante. Die rivier en see bymekaar maak dit ekstra spesiaal. Pragtige venue's vir troues en vriendelike, gasvrye mense. Oulike winkeltjies en restaurante."
"Mense ry baie onverskillig voor barnacles verby op pad strand toe. 'n Voorstel: speedbumbs."
"Baie om te doen in die omgewing. Dit kan 'n bestemming op sy eie wees."
"The daily activities were good. There was a lot to see and do, especially the boat trip to the heads and the restaurant was particularly good. And we visited other places and found a motorcycle museum as well. The beach at Plettenberg Bay was also very relaxing."