Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9195 resensies.
"Die Tuinroete/Suidkus is na aan my hart en lok my elke jaar terug. Daar is baie interessante dinge om te doen en uitstappies met die kinders veral as jy ’n liefde vir die natuur en diere het."
"’n Lekker dorp, vriendelike mense en boonop praat baie mense Afrikaans."
"Baie netjiese en skoon omgewing. Alle geriewe is binne 5 minute se ry beskikbaar. Lekker, ontspanne, vriendelike atmosfeer."
"Net baie besig, ek sal nie daar wil bly vir die hele vakansie nie, maar dit was 'n baie mooi en aangename ondervinding."
"Daar is baie om te sien en te doen, vir diegene wat meer as net die see wil besoek is dit ideaal."
"George is 'n skoon, netjiese dorp omring deur pragtige berge en natuur en vriendelike hartsmense. Altyd 'n voorreg en plesier om die dorp te besigtig."