Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Heerlik pizza geëet by Pomodoro, beste steak by Joplins en ‘n smaaksafari by The Girls geniet. Mens kan lekker vêr op die strand stap. Gaan ry die Sewe Passe-pas en drentel rond en loer in al die oulike plekkies in en om Wildernis. Ons kyk na moontlik kamp by Ebb and Flow."
"Pragtige, geskiedkundige dorpie met pragtige ou geboue and asemrowende uitsigte op die berge."
"Ons gaan al vir jare na Stilbaai en dit is altyd 'n voorreg om daar te kan wees."
"Baie netjiese dorp en veiligheid is baie duidelik belangrik vir die inwoners asook die owerheid. Die dorp beskik oor twee supermarkte en 'n verskeidenheid winkels waar interessante aankope gedoen kan word."
"Ek hou al vir meer as 40 jaar in Mosselbaai en Hartenbos op 'n jaarlikse basis vakansie."
"Knysna se buzz is bietjie af, ek neem aan dis aas gevolg van Covid. Verkies meer Sedgefield se rigting."
"Mosselbaai is die beste plek in Suid-Afrika. Skoon, netjies, alles werk, vriendelike mense oral - in die winkels en strate en langs die pad. Mooiste uitsigte, soveel om te doen. Ek is mal oor die plek!"
"Die Tuinroete/Suidkus is na aan my hart en lok my elke jaar terug. Daar is baie interessante dinge om te doen en uitstappies met die kinders veral as jy ’n liefde vir die natuur en diere het."