Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"Pragtige ou klein plekkie wat redelik sentraal geleë is tussen Mosselbaai, Stilbaai en Riversdal. Soos die joggie by die brandstof hawe kla: "Daar is nie veel te doen hier nie madam". Maar soms, wil ons mense van die stad, regtig nie veel doen nie. Die rustigheid is genesend en die stilte restorerend. In die stilte vind jy juwele in mense en klein winkeltjies en stil grond paadjies na vriendelike tannies en ooms wat lekker baie kan praat terwyl jy gelukkig nie een woord hoef te uiter nie. "
"Ek het nooit gedink Hoekwil het sulke mooi plekkies nie, maar is 'n mooi en rustige plek."
"Witsand is ideaal as mens van die stedelike gewoel wil wegkom. In die omgewing is interessante plekke om te besoek: die pont by Malgas, de Hoop natuurreservaat, Infanta. Heidelberg het pragtige ou geboue en ' Aan de Kanaal' koffiewinkel is 'n moet. "
"Baie mooi omgewing. Ons dink alweer aan ons volgende besoek daar. Sal baie graag weer wil gaan as dit enigsins moontlik is. "
"Ons hou van private strande, min mense en nie baie winkels nie. Die natuurskoon is pragtig!"
"Dink daar is werklik baie om te sien en te beleef in Harkerville sonder om ver te ry."
"Lovely for a relaxing weekend away from everything but also plenty to see and do with the sea and lagoon and many hikes and walks."