Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Was bietjie raserig op die strand op 1 Januarie, maar andersins baie lekker gekuier en Muisbosskerm altyd 'n wenner!"
"Blanco is lekker naby aan die lughawe en die Redberry farm, maar is effens ver as jy dorp toe wil gaan veral omdat die groot mall aan die ander kan van George is. Baie mooi area met groot bome en stil en rustig. Pragtige krismisrose groei al langs die pad langs huise se buite mure soos wat mens inry dorp toe. "
"Durbanville is a beautiful area and is ideal if you won't be doing a lot of travelling. It wasn't an ideal location for me as a youngster as I wanted to travel to the city and areas such as Long Street and Rondebosch and found Durbanville to be a bit far removed. "
"Sentraal om verskeie wynkelders en ander toeriste aantreklikhede te bereik."
"Wildernis het iets van alles! See, woud, avontuur, geskiedenis, lekker restaurante, mense van alle paadjies van die lewe! "
"Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza."
"Daar is geen probleem met Murraysburg, maar ons het dit terwille van familie besoek."
"Ons hou baie van die Klein Karoo, net nie gedink Riversdal area val in die Klein Karoo nie. Lekker plek :-)"
"Dis heerlik stil en die vallei is baie mooi. Die toerismeburo kan meer doen om alle besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing op hul webwerf te promoveer. Dit sluit restaurante, wynplase (proelokale oop vir die publiek en tye), akkommodasie, winkels, padstalle, ens in. Dit help om te weet wanneer wie (werklik) oop en toe is. Moes baie rondbel om uit te vind. Die webwwerf is goed, maar kan verbeter. Kon meer hulpvaardige inligting vanaf Trip Advisor en sekere brosjures by blyplekke kry. Montagu moet iets doen om hul uitstallings in die museum (sendingkerk) bietjie meer aantreklik te maak. Dit is interessant, maar die voorlegging kort werk. Montagu is lieflike plek, sal weer terug gaan, maar net nie weer tydens 'n hittegolf nie."
"Pragtige skoon dorpie, waar 'n mens alles kry wat jy nodig het: 'n wassery, 'n gesondheidswinkel, lekker restaurante, veral Rambling Rose. Sal weer gaan. Die natuurskoon is asemrowend!"
"Heerlike ete met flinke diens by "4 Sheep". Regtig 'n pragtige eetplekkie en aanwins vir Beufort Wes. Pragtige oujaars-sonsondergang."
"A quaint little town with everything at hand, a few eateries with good food. We were very impressed with the cleanliness while walking our small dauchshunds in the early morning. Very quiet. Beautiful surroundings. Awesome. "
"Dis baie stil en rustig, so as jy 'n rustige tyd soek is dit die regte plek om te gaan wegkruip. "
"Fantastic! Forest walks, swimming beaches - what more could you want?!"
"Dalk 'n plekkie vir toeriste om onder afdak / sambreel en stoel te sit en koeldrank te geniet."
"Die dorpie self was 'n belewenis en daar is heelwat te doen in die omgewing en dis net 23km vanaf Hermanus."
"Ek dink die plek en die restaurante en die Langeberg Mall is baie oulik.... en Dias strand is ook mooi skoon en netjies. Lekker swem strand."