Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36180 resensies.
"Baie mooi en skoon dorp met vriendelike en behuplsame inwoners. Pragtige berge en natuurlike wonders."
"Dis lekker sentraal om ander Weskusdorpies ook te besoek. Ons het heerlik by restaurante geëet."
"Die dorp self is definitief nie bedoel vir 'n rustige wegbreek nie, maar Leisure Island vir seker wel."
"Baie vriendelik, maar min plekke wat dierevriendelik is vir jou hondekind. Was verbied om te parkeer met hond in kar by Casino en Mykonos-parkeerarea na uitkloktyd. Kon nie ons hondekind in die kar los terwyl ons iets wou eet nie. En was reeds uitgeklok om haar by die Cottage te los. Alhoewel sy gewoond is om in die kar te wag (met kos, water en bederfies) wanneer ons by 'n winkel/eetplek moet stop. Baie slegte diens gekry. Ook verbied om kar êrens anders te parkeer en in te stap om ontbyt te kry voor ons vertrek het huistoe."
"Awesome Western Cape town for a stop over and to use as a base to explore the surrounding areas."
"Baie lekker dorp om te verken en baie om te doen as jy van diere hou."
"Kaapstad is beslis die mooiste stad in Afrika."
"Die strand is pragtig, maar die dorp is deurmekaar en onnet met vervalle geboue orals in die hoofstraat. Ons het dit as aftreedorp oorweeg, maar daarteen besluit."