Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 49260 resensies.
"Ongelukkig het ons die Muisbosskermrestaurant gemis, maar die seekos by Isabella restaurant was heerlik, veral die seafood platter."
"Die dorp het die mooiste blomme-uitstalling wanneer dit blommekyktyd is. Lekker eetplekke en mooi omgewing."
"Pragtige dorp, vriendelike mense, uitstekende restaurante. Beslis die naam Dorp Van Die Jaar werd."
Saldanhabaai Munisipaliteit, Wes-Kaap
Goin' Coastal"The place is very clean. Near to restaurants and places like Steers, Milky Lane and Debonairs."
"If you're looking for a place to relax and destress, then this is the place. You can make a day trip to Oudtshoorn if you like or just stay and enjoy the views."
"Jy moet jou rigting en plekke in die Paarl ken - dit kom maar deurmekaar voor. Vra maar vir Minette vir voorstelle vir resaurante. Die meeste is bietjie weggesteek."
"Mal oor Gansbaai se vriendelike inwoners. Plekke wat ons besoek en ondersteun het, was: Boetie Otto se viswinkel, met hul heerlike vars vis en gawe, bekwame, vriendelike personeel; Gansbaai Coffee Company, met hul lieflike kuierplekkie, hawe-uitsig, heerlike koffie en eetgoed vir die lekkerbekke; Komtessa, met hul imposante eienares en unieke klere; Koekeloer, met hul lieflike binnenshuiseversieringswinkel, sowel as die Koekeloer klerewinkel, beide met personeel wat vir jou laat voel hulle raak jou vriende in die kort tydjie wat jy daar kuier; Gansbaai Book Exchange, waar mens ure kan deurbring met boeke uit Toeka en boeke van nou; Antique Junction, nog 'n plek waar jy ure kan deurbring en terugverlang na die vorige era; Sportzone, vir groot winskopies!"
"Besoek die Boekklub, Karoo Blessings vir lekker nougat en lekker kuier met Mariaan en Suzanne. Draai by die kerk wat stunning is en ry deur die hele plek. Sal beslis weer hier kom besoek. Merweville is 'n great dorp!"
"Baie historiese besienswaardighede, ongelukkig nie baie tyd gehad om te vertoef nie."
"Toegang tot Stellenbosch vanaf die N2 of R310 is 'n nagmerrie. Gebruik liewer die R44 of R46 vanaf die N1."
"Barrydale is baie goed geleë om groot dele van die Klein-Karoo te besoek. Die dorp is skoon en het wonderlike toeriste-besoekpunte."
"Sommige van die wynplase laat nie hul besoekers soos gaste voel nie, iets waarmee ander plekke wel slaag."
"Die strand/(swem)-gebied is nie so maklik toeganklik nie en die baie bamboese met derduisende goggas daartussen, is nie so aangenaam nie. Andersins is die omgewing en natuurskoon asemrowend mooi."
"Ons dag was te kort om alles te doen wat ons wou. Moet definitief langer as 'n dag oorbly."