Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Baie lekker omgewing. Ek het dit baie toeristevriendelik beskou en die plekke was baie maklik om te vind."
"Besienswaardighede is die treinmuseum en treinjierit op na berge asook RedBerry Farm."
"Die dorp is netjies en skoon. Goeie paaie, selfs die grondpad. Ligging is goed as jy 'n basis nodig het om vanaf te ry."
"'n Moet sien. Soveel om te sien. Kaapstad is net 'n vliegtuig/ "vlug" ver."
"Baie klein gemeenskap, maar tog nie heeltemal afgesny van naaste dorp nie. As jy van rustigheid hou is dit die plek vir jou."
"Goeie restaurante. Uitestekende uitsigte. Ek hoor daar is goeie staproetes."
"Daar is nie veel te doen in Klaarstroom nie, maar dit is deel van die betowering. Die sterre is so helder dat dit voel asof jy daaraan kan raak."
"Die strande is absoluut asemrowend mooi, maar daar is 'petty theft'. Ons het nie onveilig gevoel nie, maar diefstal was nie lekker nie."
"Pragtige Klein Karoo-dorpie met baie bekoring! Ek sal graag effe langer hier wil deurbring volgende keer. PS - boek restaurante vooruit, hulle raak vinnig baie vol."