Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.51 uit 5 gekry volgens 18527 resensies.
Belinda D. - 15th December 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Verkeersopeenhopings.
Maxi Employee Consultants M. - 15th December 2016
staying in Paarl, Wes-Kaap
Baie oulik, maar net te min om te doen.
Hennie B. - 15th December 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Op pad Kaap toe ry ons nooit Prins Albert mis nie, dit is die moeite werd om daardie paar kilometer van die N1 af te draai. Beplan jou reis so om daar te oornag. Dit bied jou die opsie om verder met die N1 Kaap toe te ry of na Hartenbos via Meiringspoort of oor die Swartbergpas.
Wilhelm L. - 15th December 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Vriendelike en hulpvaardige mense. Die Karoo Deli en Restaurant in die hoofstraat is fantasties!
Rozahn S. - 14th December 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Die deli se kos en diens is uitstekend ... plattelandse gasvryheid bestaan nog! Selfs die diens by die vulstasie is met 'n glimlag gelewer!
Deon K. - 14th December 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Ons het slegs oorgeslaap op pad na ons vakansiebestemming by die see. Die dorpie is baie netjies en skoon en die geboue skep so 'n "kom kuier weer"-gevoel by 'n mens.
Alta V. - 14th December 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Heerlik uitgeëet, "Black Swan" en "Nostalgies". Goeie diens by Surval-olyfplaas en heerlike produkte gekoop.
Alta V. - 14th December 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Heerlik gekuier in Prins Albert. Pragtige dorpie en museum is uitstekend.
Antoinetta B. - 14th December 2016
staying in Suidelike Voorstede, Wes-Kaap
Dis net so naby die berg, die mense is wonderlik en daar is 'n warmte wat nie met geld gekoop kan word nie.
Alta M. - 14th December 2016
staying in Bredasdorp, Wes-Kaap
Lieflike dorp.
Gisella S. - 14th December 2016
staying in Stellenbosch, Wes-Kaap
Stellenbosch is my alma mater, so ek sal altyd 'n sagte plekkie vir die dorp hê. Dit bly vir my 'n mooi universiteitstad - vandag 'n gebalanseerde mengelmoes van ou goed en moderne ontwikkelinge.
Denise N. - 14th December 2016
staying in Upper Gardens, Wes-Kaap
Pragtig! So aan die voet van die berg.
Vuyo D. - 14th December 2016
staying in Paarl, Wes-Kaap
We were attending a wedding at the Ashanti Estate and it was fabulous.
Johan B. - 13th December 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Veiligheid en sekuriteit is 'n baie groot probleem. Verder baie lekker!
Debbie B. - 13th December 2016
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Somerset West is not my first choice for a holiday as I was there on business.
Maureen M. - 13th December 2016
staying in Glentana, Wes-Kaap
Not on the beach front but close enough to walk to it. We didn't explore the area (were there for a wedding).
Madelein K. - 12th December 2016
staying in Silversands, Wes-Kaap
Lieflike strand. Ongerep.
Ntosh M. - 12th December 2016
staying in Groenpunt, Wes-Kaap
A very busy area, maybe because it is close to the Waterfront.
Benjamin N. - 12th December 2016
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Lekker restaurante.
Yvonne W. - 12th December 2016
staying in Britanniabaai, Wes-Kaap
Eerste keer daar, maar sal definitief terugkeer. Was te kort gewees en het oulike restaurante.
Andre V. - 12th December 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Lekker skaapvleis by Piet se Tjops gekoop.
Dianthea T. - 12th December 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Sal enige tyd weer Oudtshoorn toe gaan.
Gerhard S. - 12th December 2016
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Baie lekker en aangenaam om daar vakansie te hou
Hugo D. - 12th December 2016
staying in Glentana, Wes-Kaap
Glentana is 'n puik vakansiebestemming. Naby aan George en Mosselbaai met ongelooflik baie om te doen.
Daleen E. - 12th December 2016
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Die lekkerste plek om vakansie te hou.
Anzel V. - 11th December 2016
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Pragtige plek en baie sentraal geleë.
Ferial P. - 11th December 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Lekker naby wegbreekplek vanaf Kaapstad en baie mooi en skoon omgewing.
Tristan H. - 9th December 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Pragtige rustige dorpie met alles wat jy nodig het. Ongelukkig is daar nie teveel vis te vang vanaf die kant nie.
Abraham L. - 9th December 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige dorp met wonderlike gerestoureerde geboue en huise en pragtige winkeltjies.
Abraham L. - 9th December 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Pragtige dorp met baie besienswaardighede en vriendelike mense.
Lizelle V. - 9th December 2016
staying in Paarl, Wes-Kaap
Pragtige dorp met uitstekende mense. Dankie Paarl vir jul vriendelike verwelkoming!
James B. - 9th December 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Hulle kort 'n Mr Price.
Danie J. - 9th December 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Lekker vakansiedorp en baie om te doen in die omliggende dorpe. acobsbaai, Tietiesbaai en Darling met Evita se Perron en Darling Breweries was van die hoogtepunte vir ons kort besoek aan die Weskus. Gaan beslis 'n lekker lang vakansie aan die Weskus beplan. Dit was soos om in 'n anderland te wees.
Estelle B. - 9th December 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Dit was regtig 'n belewenis vir ons Sweedse vriende om hierdie unieke dorpie te ervaar. Hulle het ook die Voorstrand Restaurant baie geniet. Tietiesbaai was ook 'n hoogtepunt!
Mariska E. - 9th December 2016
staying in Mykonos, Wes-Kaap
Ons is mal oor dié plek.
Ashleigh B. - 8th December 2016
staying in Van Riebeeckstrand, Wes-Kaap
Lovely beach. Clean and safe.
Dean D. - 8th December 2016
staying in Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Effe duur vir die Suid-Afrikaner.
Ella W. - 8th December 2016
staying in Bergvliet, Wes-Kaap
Bergvliet self is nie 'n toeristebestemming nie, maar dit is maklik om daarvandaan na al die toeristebestemmings in Kaapstad te ry. Let wel publike vervoer na Bergvliet bestaan nie eintlik nie, 'n mens moet eerder 'n motor huur.
Betsie M. - 8th December 2016
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Baie lekker en rustige dorp.
Charlee S. - 8th December 2016
staying in Elgin, Wes-Kaap
Baie groen. Baie lekker. Maak 'n mens lus vir voetslaan en fietsry.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za