Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Lekker plek om vakansie te hou. Ons het dit geniet, strate is mooi skoon en mense besonders vriendelik en behulpsaam."
"Pragtige dorp met die mooiste kerk. Besoek gerus die museum. Dorp het heerlike eetplekke, probeer gerus Republiek van Swellendam."
"I was born and raised in Paarl, and I will always go back. There are so many memories and cultural attachment. There are also so many things to do and see, that you cannot stay just for a weekend."
"Baie pragtige plek, lekker naby alles, mense baie gasvry, personeel laat jou baie tuis voel asof jy by jou eie tuiste is."
"Het die wine tasting by Boplaas, Klein Brak baie geniet en het lekker ete gehad by Klipheuwel."
"Ons wou graag ons hare laat sny, maar geen ordenlike plek beskikbaar nie. Dit was vrek warm. Saterdae kan 'n mens nie beweeg in die strate nie."
"Eienaars moet ook noem van die ry-stop-padwerke tussen Robertson en Montagu, want dit maak die reistyd langer met ongeveer 'n uur of meer."
"Die plekke maak vroeg toe en opsies is min. Blyplekke moet saamwerk om die omgewing te bemark. Die grondpaaie is uiters swak."
"Stilbaai beskik oor alle noodsaaklike besighede en dan ook 'n paar wonderlike inkopiebederwe. Die dorp word baie mooi onderhou."