Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Lekker plekkie, maar Beaufort-Wes is opsigself nie baie skoon nie, maar andersins was daar nie enige probleme nie."
"Pragtige, skoon dorp. Heerlike pizza restaurant en 'n baie oulike deli. Gaan loer gerus in by Pepe the Cheesemaker op Imhof Farm vir besonderse bokmelkkaas en 'n lekker geselsie oor die regte manier van kaasmaak. "
"Pragtige Karoo-dorpie wat ons nou al spesiaal raak ry oppad af Kaap toe. Die rustigheid van die omgewing en dan nog die pragtige natuurskoon is ook so lekker. Definitief die moeite werd om te kom."
"Probeer gerus die 4 Sheep restaurant en deli. Bespreek ook eerder in 'n ander straat as die hoofstraat, soos bv. Voortrekkerweg indien jul nie hou van baie geraas nie. Voortrekkerweg het lieflike oornagplekkies."
"Wildernis is natuurlik geskik vir oorsese toeriste, maar as jy moeite doen, kom jy op die hart van die dorp en sy inwoners af. Dit is 'n vriendelike dorpie en baie skoon en georganiseerd. Ek is natuurlik 'n boswese en kon heerlik op die paaie in die woud stap en die natuur geniet. Daar is ook soveel plekke waar jy net die uitsig rustig kan sit en geniet."
"Saldanha is a really laid back place. We always enjoy our visits to the area. All of our basic requirements were met."
"Hou dit net soos dit is, dis perfek. Daar is baie min vakansie bestemmings waar mens regtig rustigheid kan kry, hierdie is beslis een en dis wonderlik."
"Die gedeelte waar ons gebly het in Eversdal was sentraal met lekker winkels om die draai."
"Die Swartbergpas was ‘n belewenis en ongelooflik mooi. Prins Albert is pragtige en skoon karoodorp met lekker winkels en mooi oorslaapplekke."
"Kommetjie was vir jare 'n klein kusdorpie met net 'n kafee en 'n kroeg/restaurant en 'n paar kleinerige winkels, maar is besig om uit te brei. Daar is 2 winkelsentrums naby in Noordhoek, Simonstad is net 10 minute se ry, dis 'n uur van Kaap punt af, en 45 min van Kaapstad self. As jy braaf genoeg is om die koue Atlantiese water aan te durf, is daar 'n inham in Kommetjie wat as swemplek dien vir die inwoners, of jy kan 'n piekniek sak pak en Noordhoek se strand besoek. Dit is in my opinie een van die mooiste strande in die omgewing, en is ten alle tye skoon, stil en rustig, en werklik "underrated"."
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."