Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 10360 resensies.

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Mens ry altyd net verby. Nou eers gesien hoe mooi, skoon en vriendelik die dorp is. Karoo op sy beste."

Kimberley, Noord-Kaap

@ Athens Gastekamers

"'n Dorpie wat diep in my hart gekruip het."

Kimberley, Noord-Kaap

Greeff Accommodation

"Kimberley is sy mense. Gasvry en vriendelik."

Kimberley, Noord-Kaap

19AtLast

"I grew up in Kimberley and I cannot believe how everything is falling apart and neglected. Very sad."

Hanover, Noord-Kaap

Boutique Guesthouse Hanover

"Dis baie koud in die winter. Ek sal nie voorstel jy gaan Hanover toe vir enige ander rede as om halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad oor te slaap nie. Dis letterlik 'n piepklein dorpie in die middel van nêrens. Daar is nie wegneemeetplekke of restaurante nie. Jy moet ook onthou, water is min, so daar is nie die luuksheid van 'n lang warm stort of vol badwater nie. Die mense is vriendelik!"

Richmond, Noord-Kaap

Ka Ma Lodge

"Daar is nie veel te sien in Richmond nie."

Calvinia, Noord-Kaap

Hamtam Klipwerf Gastehuis

"Goeie oornagstop. Maak 'n draai by Cielas vir die heerlikste pizza!"

Springbok, Noord-Kaap

Liefland Cottages

"Besonderse wêreld - mens kan jouself amper verbeel dat die land se probleme nie daar uitkom nie! Asemrowende landskap en 5 sterre vir toeristebestemming as jy soek vir afskakel en rustigheid."

Upington, Noord-Kaap

Bezalel Country House

"Dis 'n tops bestemming."

Colesberg, Noord-Kaap

La La Dathel

"Vrek koud in die winter!"

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Plattelanders restaurant divine dinner and value for money. Thank you for your awesome hospitality."

Kimberley, Noord-Kaap

The Cottage - Hadison Park

"Kimberley se gat is vir seker 'n moet-sien-ervaring."

Colesberg, Noord-Kaap

Chargo Merino Inn

"Dit wat ons gesien het is dat dorp netjies lyk."

Calvinia, Noord-Kaap

Die Ou Lady Gastehuis

"Calvinia is 'n sterk en lewenskragtige dorp en ons sal graag terugkom om meer tyd hier te spandeer. Die kos by die Blou Nartjie is uitstekend."

Vosburg, Noord-Kaap

Elvee Accommodation

"Vosburg word, anders as baie ander kleiner plattelandse dorpies, mooi in stand gehou en het 'n baie mooi kerk wat regtig die moeite werd is om te besoek. Mens ervaar die tipiese Karoogasvryheid oral waar jy beweeg en/of met die mense praat. Ons wil graag weer daar oorslaap en meer leer van die dorp en sy mense. Vosburg is ook ongeveer halfpad tussen Gauteng en Kaapstad en dus 'n baie goeie oornagpunt vir al die mense wat nie via die N1 of N12 wil reis nie maar eerder die meer "scenic route", met baie minder verkeer, verkies."

Kimberley, Noord-Kaap

Newlands Country Lodge

"The people are super friendly and helped us fix our trailer quickly so that we could be on our way. The big hole was a little underwhelming but then again it was a Wednesday afternoon with very little activity and most shops where closed."

Douglas, Noord-Kaap

Oornagkamers at Hillstraat 10

"Het in die donker daar aangekom, kan ongelukkig nie kommentaar lewer nie."

Colesberg, Noord-Kaap

De Vuur Gastehuis

"Klein dorpie met baie armoede wat reisigers nodig het om weer op die been te kom. Dit is dorp wat deur die pandemie platgeslaan is maar mal oor die mense en tipiese kleindorpie nostalgie soos die kerkklokke wat nog lui."

Upington, Noord-Kaap

Tshahitsi Lodge

"Nie 'n baie mooi plek vir my nie."

Kimberley, Noord-Kaap

Sleepers Inn

"Soveel om te sien."

Colesberg, Noord-Kaap

Skietberg Lodge

"Goeie rusplekkie op die langpad."

Kimberley, Noord-Kaap

75 on Milner Lodge

"Was vir besigheid in Kimberley."

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Will definitely make this a regular stop."

Nieuwoudtville, Noord-Kaap

Uncle Tony’s Cabin

"Interessante dorp en omgewing."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Baie interessante dorp met 'n ryk geskiedenis. Ons het heerlike aandete gehad by Inni Kraal - restaurant, waar ons die beste lamskenkel ooit geniet het."

Port Nolloth, Noord-Kaap

Voetbaai Chalets

"Port Nolloth is nie baie interessant nie maar as 'n een dag oorbly is dit fine. Die kos by die hotel in die dorp was goed."

Colesberg, Noord-Kaap

Hartklop Eer die Lewe

"Wil graag weet waar 'n ordentlike restaurant is. Nie kitsetes nie."

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Dis 'n pragtige dorpie - ons moet hierdie plekkies koester, hulle is besig om deur die vingers te glip, ongelukkig."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Merino Junction

"Daar is baie bedelaars in die dorp wat op jou toesak as jy stilhou."

Pofadder, Noord-Kaap

7de Laan Guest House en Pofadder overnight Apartment

"It's always nice to show my partner my roots and where I'm coming from."

Blad
Blad 73 - Wys 2161 tot 2190
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem