Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Ons wou graag in 'n plek bly met 'n see-uitsig bly en het so uitgesien om die walvisse te sien. Ons het maar een middag op die strand gaan sit nadat ons gehoor het daar was 'n walvis naby. Ons was so gelukkig om hom te sien."
"Kampsbaai is 'n baie mooi deel van die Kaap en 'n MOET sien vir toeriste sowel as Suid-Afrikaanse inwoners buite die omgewing. Ek glo dat Tafelberg wat so naby geleë is ook baie toeriste aantrek. "
"Die dam en die omgewing is so mooi en die kinders het geniet om die diere op die plase te sien. Regtig naby aan die dorp as jy iets benodig."
"Franschhoek is asemrowend mooi en soveel wynplase om te besoek in die omgewing. Dit is wel 'n duur toeristebestemming."
"Ideale plek vir fotografie-slypskool. Veilig gevoel om alleen in die dorp rond te stap."
"Baie mooi en goed versorgde dorp met 'n interessante geskiedenis en mooi argitektuur. Die afwesigheid van goeie supermarkte (hoef nie groot te wees nie, net skoon en netjies en goed van voorrade voorsien) of selfs net kafees wat nie almal vyfuur toemaak nie, sal die dorp baie baat."
"Nice, but very touristic and many noisy students. The surrounding areas however are beautiful."