Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"'n Heerlike wegbreek. Veilig en 'n pragtige dorp. Definitief 'n dorp wat 'n mens kan oorweeg om te gaan aftree."
"Ons bly net oor die berg en hou daarvan om naweke weg te breek om net bietjie af te sluit, en as die weer sleg is. Ons is baie bly ons het De Oude Meul ontdek. Dis feitlik onbekend by plaaslike mense van Mosselbaai, George en met die huidige tariewe, beslis iets wat almal van behoort te weet. "
"Friendly people with great service wherever we went. Weather was great as well."
"Daar is so baie om te doen en te sien in die Kaap. Vir iemand wat van 'n klein dorpie af kom was dit vir my 'n belewenis en nie iets wat ek gou sal vergeet nie. Ek hoop om meer te sien van die Kaap in die vervolg."
"Merweville is die tipe Karoo-dorpie wat in mens se hart kruip. As jy stilte en rustigheid soek hier het die tyd nog bietjie stil gestaan. 'n Plekkie met hartsmense, 'n plekkie wat meer verdien om besoek te word."
"Een van ons gunsteling bestemmings in die land, baie goeie restaurante en buitelugaktiwiteite."
"Baie lekker plek om te bly. Weer is baie lekker. Ek dink daaraan om oor 'n paar jaar te verhuis na Hartenbos."
"Kan hoek, lyn en sinker aanbeveel vir 'n baie lekker plaaslike seekos-ete in Pringlebaai; moet bespreek voor die tyd."
"Nie veel om te doen as jy nie die see as trekpleister gebruik nie. Dit is egter hoekom mense daarheen gaan en dan kan jy jou gate uit geniet."
"Safe and super well-kept tar roads, the dirt tracks are also very well maintained, we have a bakkie but even a sedan could travel them."
"Worcester is 'n pragtige dorp. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Die Mountain Mill Mall is 'n fees en het ons heerlik geëet en kon items bekom wat ons nodig gehad het."
"Sommige inligting op google oor Kaapstad is heel verouderd na Covid. Bv. ons het 'n outdoor Go-Kart-plek gesoek en dit wat ons gesien het, bestaan nie meer nie."
"Witsand is 'n vakansiedorpie, klein maar lekker, nie baie om te doen vir tieners nie, daar kan Witsand regtig iets aan doen. Die weer is die grootste faktor, maar dis natuur. Natuur is onvoorspelbaar, maar dis nogsteeds 'n wonderlike plek om na te gaan. Ek stel ook voor dat die locals meer vriendeliker moet wees, veral in die winkels. Beter bakens/boeie op die rivier sit. Dis vir nuwe mense met bote om die sandbanke mis te ry, volg Knysna lagoon se voorbeeld met die boeie. Ek gee Witsand 8/10, lekker plek."