Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"Pragtige dorp met wonderlike gerestoureerde geboue en huise en pragtige winkeltjies."
"Die dorp is duidelik nie 'n toeristebestemming nie. Sal nie langer as twee nagte oorbly nie. Die ligging van die gastehuis is ideaal, want dit is op die N1. "
"As plattelandse mense wat hou van klein dorpies, was Philippolis vir ons wonderlik. Dit hang af waarna plaaslike en oorsese toeriste soek. Ek dink nie dis noodwendig 'n plek om vir die langtermyn oor te bly nie, maar vir 'n aand of twee is dit perfek. "
"Nie 'n toeristebestemming nie, behalwe vir die Karoo Nasionale Park waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"The Shed Farmstall en Lucern Lodge is sowat 26 km buite Beaufort-Wes, maar die dorpie self is 'n belewenis."
"It looked quite pretty, but we didn't spend much time there as we were travelling to Cape Town. I'm sure it deserves a better look!"
"A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend."
"As recommended by Brian, we took the Swartberg Pass home. A route not to be missed. "
"Colesberg is en bly maar 'n klein dorpie wat enige reisiger sal bekoor! Dis nie net prentjiemooi nie, maar laat 'n mens verlang na die "goeie ou dae" toe alles nog rustig was en ons dit nie nodig geag het om so gejaagd te lewe nie."
"Ek dink dit sal 'n ander ondervinding wees wanneer dit nie so droog en die dam so leeg is nie. Tog is die omgewing baie mooi en het ons op twee geleenthede die bedreigde kraanvoël gesien en een broeipaar het n baba by hulle gehad. Dit was baie spesiaal om hulle te sien. Ons het ook gaan kyk na die gedenkplek waar 'n klomp van die kinders wat in konsentrasiekampe by Norvalspont was, dood is en begrawe is. Dit is net 'n jammerte die plek is so verwaarloos, maar baie interessant."
"Uitstekende oornagbestemming, veral wanneer jy terugkeer van die Kaap af na Ganters Paradise (Gauteng)."
"Ons was mal oor die dorpie, maar wens daar was nog 'n eetplek wat aandete voorsien."
"Die dorp word meestal vergeet of deur reisigers onderskat weens die N1-verbypad, maar dit lyk asof daar deesdae 'n oplewing is met al hoe meer toeriste wat aftrek om te oornag."
"Net 'n jammerte baie museums, veral die Graaff-Reinet-huis, is in aanbou. Maar dankie dat julle die besienswaardighede vir ons nageslag bewaar."