Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9657 resensies.
"Vat jou tyd en geniet die reis. Baie lekker plekkies langs die pad waar mens kan ontspan en die uitsig geniet."
"De wandeling naar de waterval is heel mooi. Restaurant Flavia is een aanrader."
"Lieflike plek! Lieflike mense. Ons hoor altyd rillerstories hoe duur kruideniersware by die see is, maar het dit glad nie so ervaar nie. Die kruidenierswinkel was met baie dag tot dag aankope goedkoper as wat ons in Pretoria betaal. En die lekkerste was dat ons ons taal kon praat in Hartenbos!"
"Tergniet is 'n seevakansieplek en dit is 'n pragtige skoon omgewing. Daar was selfs 'n walvis net voor ons in die see."
"Sal baie graag weer wil gaan en meer tyd spandeer in die lieflike dorp en omgewing. Enige fotograaf se droom."
"Oudtshoorn is 'n ongelooflike toeriste bestemming vir 'n gesin met kinders. So baie goed om te doen!"
"Baie lekker plek om te besoek en daar is so baie om te doen. Sal weer kom kuier. "
"You MUST go to the Cango Caves, the Cango Wildlife Ranch and to go on an ostrich farm tour! So cool! "
"George is sentraal geleë wat besoeke aan baie ander plekke langs die kus, sowel as in binneland, maklik bereikbaar maak."
"Ons het by Montecello geëet en dit is vir my een van die beste restaurante in die land. Die kos was ongelooflik.Sedgefield is 'n juweel van 'n dorpie op die Tuinroete. Verblyf en eetplekke is net die beste."
"Soveel om te sien en besigtig dan praat ek nie eers van die ongelooflike lekker restaurante nie! Enrico's restaurant is 'n moet besoek, van pizza tot vis is uit die boonste rakke!"