Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 34288 resensies.
Philip L. - 1st October 2019
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Pragtige plekkie! Mens moet darem net ten minste 1 keer hier kom vertoef!
Elize C. - 1st October 2019
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Dis 'n stunning awesome vakansieplekkie, sal dit aanbeveel vir almal!
Rochelle R. - 1st October 2019
staying in Courtrai, Wes-Kaap
Courtai is sentraal in Paarl geleë met wingerde langsaan en die taalmonument naby. Dis 'n rustige buurt wat maklike toegang tot die erfenisryke hoofstraat het.
Marlize C. - 1st October 2019
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Doen jouself 'n guns en huur 'n kano vroegoggend, voor die wind opkom en gaan roei in die lagoon, dit was 'n fantastiese ervaring!
Cornel V. - 1st October 2019
staying in Paarl, Wes-Kaap
My plek!
Priscilla J. - 30th September 2019
staying in Vishoek, Wes-Kaap
Fish Hoek is a nice, beautiful, quiet town.
Corne L. - 30th September 2019
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Die nuwe winkelsentrum het iets van die nostalgie van Hartenbos weggeneem. Die een deel van die parkeerarea was ook oorstroom na die erge reënbui en motors kon beskadig geword het wat daar parkeer was. Hul sal moet plan maak vir as dit dalk weer gebeur. Ook snaaks dat die winkelsentrum deur die ATKV gebou is, maar daar is omtrent geen Afrikaanse winkels of kennisgewings hier nie, tensy ek dit heeltemal misgelees het.
Chenille D. - 30th September 2019
staying in Vishoek, Wes-Kaap
So much to see, super easy to find your way around. The people are very friendly around here. Beautiful oceanic views. Really Peaceful.
Hein A. - 30th September 2019
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Franschhoek is seker een van die mooiste plekke om te besoek, die wyntrem moet gedoen word deur enige besoeker, dit is baie rustig, skoon en vriendelike mense. Ag, as ek maar so gelukkie met die die lotto kan kry sal dit vir seker op my aftreelysie wees.
Yolanda V. - 30th September 2019
staying in Montagu, Wes-Kaap
Mooi omgewing en vriendelike mense. Lekker gedroogde vrugte. Die lekkerste pannekoek met hoenderlewer geëet by Die Kloof Padstal. Kan dit aanbeveel.
Dennis V. - 30th September 2019
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Daar's net te veel mense.
Cecile F. - 30th September 2019
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Dis ons gunstelingplek in Suid-Afrika. So baie eetplekke, kuierplekke, winkels, die onvergeetlike sonsondergange en blou, blou see met Tafelberg so asemrowend mooi. Dis naby genoeg om na Simonstad of selfs Stellenbosch toe te ry.
Riaan V. - 30th September 2019
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Lekker sentraal geleë.
Peter B. - 30th September 2019
staying in Ladismith, Wes-Kaap
My geboorte dorp. Altyd lekker om terug te gaan.
Neil T. - 30th September 2019
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Kom die laaste 4 jaar en sal hierdie tradisie voortsit!
Astrid H. - 30th September 2019
staying in Weskus, Wes-Kaap
We went to see the flowers but were to late. So next year we definitely have to go earlier.
Hermann L. - 30th September 2019
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Totaal onderbemark.
Fielies K. - 30th September 2019
staying in Strand, Wes-Kaap
Ons is baie beïndruk. Julle sien ons beslis weer.
Christelle M. - 30th September 2019
staying in Pearly Beach, Wes-Kaap
Pearly Beach is ’n heerlike, stil en rustige vakansiedorpie. Pragtige skoon strande, walviskyk, visvang, fietsry. Oulike 2 winkeltjies met alles wat jy benodig.
Johan G. - 30th September 2019
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
'n Weggesteekte klein juweel wat om elke hoek iets interessant oplewer. Baie restaurant om van te kies.
Bergh V. - 30th September 2019
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
By die regte mense soos Ko Ka Tsara Bush Camp sal ek beslis langer wil vertoef.
Lindie B. - 30th September 2019
staying in Big Bay, Wes-Kaap
Big Bay is trendy en vibey. Kinders het boogie-board gery en vir 'n surf-les gegaan. Daar was kite surfing ook.
Juanita V. - 30th September 2019
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Baie winkels en eetplekke.
Duane D. - 30th September 2019
staying in Botrivier, Wes-Kaap
Botriver is amazing!
Emil V. - 30th September 2019
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Mooi dorpie. Maar die omliggende area is wat my aantrek. Al is dit droog, is die natuurskoon en berge ongelooflik.
Louwtjie N. - 30th September 2019
staying in Murraysburg, Wes-Kaap
Mooi omgewing met pragtige huise en bome.
Tertius C. - 30th September 2019
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Sal beslis weer kom.
Precious N. - 30th September 2019
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Very lovely place to visit and get some nice ocean view.
Madeleine D. - 30th September 2019
staying in Knysna, Wes-Kaap
Onvergeetlike natuurskoon.
Hennie K. - 30th September 2019
staying in Ceres, Wes-Kaap
Pragtige dorp met die mooiste berge.
Elsabe F. - 30th September 2019
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Wilderness se omgewing is baie vriendelik en die omgewing se netheid verstom ons.
Carike J. - 30th September 2019
staying in Woodstock, Wes-Kaap
Woodstock is near the centre of Cape Town where all the activities are, very well located. Just a very busy street and for us not being from Cape Town it created unease. We could Uber where we wanted to go and that made us feel safer.
Gregory M. - 30th September 2019
staying in Jongensfontein, Wes-Kaap
Very peaceful.
Marita V. - 30th September 2019
staying in Tergniet, Wes-Kaap
Die area is so mooi en 'n moet vir iemand wat nog nooit daar was nie!
Francois G. - 30th September 2019
staying in Caledon, Wes-Kaap
A very quiet and relaxing atmosphere. Typical countryside little town. Love it.
Catharina Gezina Elizabeth B. - 30th September 2019
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
There is no other holiday town that is so centrally located! It is the gateway to lots of holiday fun! The best in Southern Cape! Ever!
Michelle E. - 30th September 2019
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Hermanus is definitief a juweeltjie van Suid-Afrika met van die mooiste kusareas in die wêreld. 'n Besliste weerkuierplekkie.
Margaret S. - 30th September 2019
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Gordonsbaai is baie rustig.
Alta C. - 30th September 2019
staying in Heidelberg, Wes-Kaap
Pragtige dorp met lekker eet- en koffieplekke. Die Hessequa-musiekfees in September is 'n belewenis en word sterk aanbeveel.
Petrus V. - 30th September 2019
staying in Groenpunt, Wes-Kaap
Veilig en pragtige natuurskoon!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za