Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Jongensfontein het nie 'n lekker swemstrand nie, maar is slegs 10 km vanaf Stilbaai waar daar wel 'n lekker strand is. Dit is wel baie veilig en rustig daar en perfekte plek om te rus."
"Ladismith, die dorpie self het ook pragtige bekoring. Hoewel ons net die strate heen en weer gery het, glo ek om die straatjies met sy pragtige huise en ou argitektuur te voet te doen sal heerlik wees. Die Klein Karoo dorpies vat mens weer terug in tyd en alles loop baie lekker stadiger daar - soos dit moet! Ladismith is ook baie naby aan Calitzdorp, Oudtshoorn, Barrydale en Montagu - om nie te praat van die pragtige Swartbergpas nie!"
"Altyd lekker om in Oudtshoorn vakansie te hou. Ontdek elke keer iets nuut."
"Wonderlike gasvrye mense en, 'n pragtige omgewing. Sal vir seker teruggaan daarheen."
"Sou graag die Kokkedoor stoor wou gaan sien het, maar kon nie eens daar inkom nie."
"'n Baie skoon strand en rustigheid, selfs oor Desember. Onthou die water is ysig koud."
"Baie lekker visvangdorpie. Rustige atmosfeer, glad nie besig nie. Die dorpie se winkels is bietjie duur, so bring maar saam wat kan. Baie mooi swemstrand en uitstekend vir lang wandels."
"If you are a wine lover it is the best place to visit. It's a bit warm but it has nice places to visit and activities to do."
"Baie min plekke om the eet en moet bespreek anders kan jy nie tafel kry nie, strande lieflike en skoon en lekker om te gaan stap."
"Hoewel daar baie te sien is, is dit nie iets wat mens elke jaar wil doen nie. Alle besienswaardighede kan in een vakansie besoek word, hoewel lekker en mooi, sal ek dit nie elke jaar wil doen nie en hitte is uitmergelend, hoewel see net 'n uur se ry is, maar dan ook baie besig met hul eie vakansiegangers. Oor die algemeen vir 'n eerste besoek, wel die moeite werd."
"Mooi dorp om in rond te loop. Baie besienswaardighede en die mense daar is net so vriendelik."