Is jy moeg vir die warboel wat altyd in winkelsentrums heers? Dalk moet jy eerder jou inkopies by ’n organiese mark gaan doen! LekkeSlaap het 10 oulike organiese markte in Suid-Afrika uitgesnuffel wat die plaaslike gemeenskap ondersteun, vars gehalte-produkte verkoop en ’n organiese leefstyl bevorder. Kom kuier gesellig by dié markies en leer om natuurlik te leef!

Oranjezicht-stadsmark in Kaapstad

A post shared by Bora Uyan (@bora_uyan) on

Die Oranjezicht-stadsplaas hou elke Saterdag, ongeag die weer, n markdag waar die gemeenskap bymekaarkom om n gesonde leefstyl te bevorder. Die winste wat by Oranjezicht-stadsmark gemaak word, onderhou die Oranjezicht-stadsplaas en dié mark het in 2014 die South African Heritage Award by die Eat Out Zonnebloem Produce Awards gewen! Hier kan jy ’n wye verskeidenheid plaaslike, organiese kos koop wat deur plaaslike boere van Philippi, Elgin, Nyanga en Khayelitsha voorsien word. Maak jou huis vol groente, vrugte, brood, suiwelprodukte, plaaseiers, heuning, pragtige blomme en nog baie meer! Ander produkte, soos tuingereedskap is ook hier te koop, en die praatjies wat aangebied word, kan jou dalk inspireer om jou groen vingers te ontdek! Dié mark maak ook voorsiening vir vegans en vegetariërs. Kinders is welkom, en jy kan gerus jou hond saambring.

Waar? Granger Bay in die V&A Waterfront in Kaapstad.
Wanneer? Saterdae vanaf 8:30 tot 14:00.
Lekker lêplekkies hier naby: Abbey Manor Luxury Guesthouse | Mountain Bliss | Belle Rose | Atforest Guest House

 Abbey Manor Luxury Guesthouse (Links bo) | Mountain Bliss (Regs bo) |  Belle Rose (Links onder) | Atforest Guest House (Regs onder)

Neighbourgoods-mark in Johannesburg

 

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Neighbourgoods Market Joburg (@neighbourgoods_market_jhb) on

 

Die Neighbourgoods-mark is ’n hipermoderne mark met ’n energieke atmosfeer wat goed inpas by Johannesburg se modieuse stadslewe! Daar word voorsiening gemaak vir diverse dieetvoorkeure, soos halaal, vegetaries, vegan, gluten-, suiker-  en laktose-vry. Op ’n mooiweersdag kan jy op die dek sit en ’n gesellige ete aan tafel geniet terwyl jy oor die bedrywige stad uitkyk en op reënerige dag is daar gelukkig oorgenoeg onderdakplek. Jy kan ook gerus jou troeteldier saambring!

Waar? Op die hoek van De Beer- en Juta-straat in Johannesburg.
Wanneer? Saterdae vanaf 9:00 tot 15:00.
Lekker lêplekkies hier naby: Once in Joburg | Faircity Mapungubwe Hotel | The Reef Hotel | Bamboo Cottage

 Once in Joburg (Links bo) | Faircity Mapungubwe Hotel (Regs Bo) | The Reef Hotel (Links onder)| Bamboo Cottage (Regs onder)


Karkloof-boeremark naby Howick

Die Karkloof-boeremark is ’n varsproduktemark met gehalteprodukte afkomstig van plaaslike boere en produsente in die KwaZulu-Natalse Middellande. Dis ’n binne-mark met ’n wye verskeidenheid stalletjies wat vars groente en vrugte, heerlike tuisgemaakte lekkernye en organiese produkte bied. Hier kan kenners jou vertel hoe die produkte gemaak word en ook watter bestanddele die beste saamwerk vir ’n bobaas-dis.

Waar? Net buite Howick langs Karkloof-weg in KwaZulu-Natal.
Wanneer? Saterdae vanaf 7:00 tot 11:00.
Lekker lêplekkies hier naby: Aloe Croft | Sunbird Guest House | 40 Fraser Street B&B | A Farm Life

Aloe Croft (Links bo) | Sunbird Guest House (Regs bo) | 40 Fraser Street B&B (Links onder) | A Farm Life (Regs onder)


Pretoria-boeremark

Besoekers aan die Pretoria-boeremark moet douvoordag uit die vere wees, want dié mark begin al 5:30. Word met ’n koppie boeretroos wakker terwyl jy die sonopkoms in die Jakarandastad aanskou ─ dít klink mos nou lekker! Hierdie mark se doel is om bekostigbare produkte, soos vars groente, vrugte, vleis en mooi handgemaakte items, aan die publiek te verkoop deur die middelman uit te sny. Nooi die hele gesin om die dag te kom geniet, en belê in ’n wurmplaas om jou eie groentetuin te begin!

Waar? Silverton in Pretoria.
Waneer? Saterdae vanaf 5:30 tot 10:00.
Lekker lêplekkies hier naby: Casa De GraceThe Bushbaby Inn | Wag ’n bietjie – Linger a While | Silverton Travel lodge 

Casa De Grace (Links bo)|  The Bushbaby Inn (Regs bo) |  Wag ’n bietjie - Linger a While (Links onder) | Silverton Travel lodge (Regs onder)


Greyton se Saterdagmark

A post shared by jemimamadsen (@jemimamadsen) on

Mense stroom per voet, fiets of donkiekar na Greyton se prentjiemooi mark met die Riviesonderendberge in die agtergrond. Greyton is ’n gewilde wegbreekplek en die mark is die beste manier vir plaaslike inwoners en vakansiegangers om mekaar te leer ken! Nadat die oorspronklike gronde afgebrand het, word dié markie nou op die kerkgronde gehou. Vrywillige inwoners skenk hul tyd en 10% van hul winste aan die Greyton Bewaringsorganisasie om die vorige markgronde te herstel ná die brand! Hiér kan jy hangemaakte produkte, spotgoedkoop boeke, kaas, warm pannekoeke, olyfolie en vele meer aanskaf!

Waar? Die Markplein oorkant die NG Kerk in die Hoofstraat.
Wanneer?
Saterdae vanaf 10:00 to 12:00.
Lekker lêplekkies hier naby: Fiore | 12 On Main | Potato Patch Self-catering Cottage | The Earthy Inn

 Fiore (Links bo) | 12 On Main (Regs bo)| Potato Patch Self-catering Cottage (Links onder) | The Earthy Inn (Regs onder)


Shongweni-mark naby Hillcrest

Shongweni spog met ‘n pragtige uitsig oor die groen weivelde wat so eie aan KwaZulu-Natal is en besoekers kan sommer op die gras óf hooibale ontspan en die uitsigte geniet! Plaaslike inwoners en vakansiegangers weet al om vroegoggend met ’n lekker groot mandjie by die mark op te daag. Daar is meer as 150 stalletjies en die stalletjie-eienaars spog graag met hul produkte en praat met passie oor die vervaardigingsproses, so dis ook ’n lekker leergeleentheid vir besoekers. Stalletjies kreun behoorlik onder tradisionele kos soos Engelse wors, organiese kaas, brood, en ook Midde-Oosterse en Mediterreense spesialiteite soos baklava en falafel. Besoekers word aangehits om ’n besproeiingstelsel te koop sodat hulle sélf organiese groente en vrugte kan kweek. By dié mark koop jy met kennis! Kinders en honde is meer as welkom en die perseel is rolstoelvriendelik.

Waar? Erf 457 in Hillcrest in KwaZulu-Natal.
Wanneer? Saterdae vanaf 6:30 tot 11:30
Lekker lêplekkies hier naby: Chillifields Guesthouse | Anvil Stud Cottages 
Shenindor B&B and Self-cateringAssagay Forest Lodge

Chillifields Guesthouse (Links bo) | Anvil Stud Cottages (Regs bo) |  Shenindor B&B and Self-catering (Links onder) | Assagay Forest Lodge (Regs onder)


Outeniqua-gesinsmark in George

Die Outeniqua-gesinsmark het ’n ware plattelandse gevoel met getroue besoekers wat trots is om die plaaslike boere te ondersteun. Bring die hele gesin en troeteldiere! Kinders kan op die boeretrein ry, tieners kan die gratis WiFi geniet, en ouers kan lekker inkopies doen met musiekvertonings in hul ore! By Outeniqua-mark kan jy organies koop teen billike pryse. Dié mark ploeg graag terug in die gemeenskap en ondersteun liefdadigheidsorganisasies soos die Wes-Kaap se Bloeddiens, Tekkie Tax en die DBV.

Waar? Oorkant die Garden Route Mall in George.
Wanneer? Saterdae vanaf 8:00 tot 14:00 (ook 24 Desember en 31 Desember).
Lekker lêplekkies hier naby: Garden Route Flat in George | Vakansie Huis Victoria Baai | Limpopo Loft | 13 Kraaibosch Boulevards House 


Garden Route Flat in George (Links bo) |  Vakansie Huis Victoria Baai (Regs bo) | Limpopo Loft (Links onder) | 13 Kraaibosch Boulevards House (Regs onder)


Wild Oats-mark in Seldgefield

Wild Oats het ’n vriendelike atmosfeer wat jou aan ’n plattelandse winkeltjie laat dink. Hier word besoekers die geleentheid gegee om die plaaslike inwoners en die vervaardigers van die produkte te ontmoet. Die gemeenskap floreer omdat inkomstes gesirkuleer word tussen koper en verkoper teen sakpaspryse! Organiseerders van Wild Oats verseker ook dat geen kosse gemors of oorproduseer word nie — hulle is altyd bewus van die beskikbaarheid en behoefte aan produkte en kommunikeer dit so aan stalletjiehouers. Behalwe vir die vars topgehalteprodukte is dit ook ’n lekker sosiale geleentheid in dié klein, rustige dorpie.

Waar? Westelike buitewyke van Sedgefield in die Wes-Kaap.
Wanneer? Saterdae vanaf 7:30 tot 12:00 in die somer en vanaf 8:00 tot 12:00 in die winter.
Lekker lêplekkies hier naby: 
Avemore at Sedgefield | Sedge Island House | House HibiscusBeach You To It Self-Catering Holiday Home 

Avemore at Sedgefield (Links bo) | Sedge Island House (Regs bo) | House Hibiscus (Links onder) | Beach You To It Self-Catering Holiday Home (Regs onder)


Slow Market in Stellenbosch

A post shared by Slow Market (@slowmarket) on

Begin jou dag lekker rustig by Stellenbosch se Slow Market en kom geniet die Europese atmosfeer! Plaaslike ontwerpers kom stal klere, juweliersware en kunswerke uit, en daar is natuurlik kosstalletjies te kies en te keur. Dié mark is deel van Slow Food International in Suid-Afrika wat ’n platform vir klein plaaslike besighede bied. Slow Market fokus op gehalteprodukte van die omliggende gemeenskap. Kom sit op die gras onder ’n groot boom en geniet vars sap of ’n plaaslike bier of wyntjie terwyl jy uitkyk op die Stellenbosse berge!

Waar? Op die hoek van Adam Tas- en Oude Libertas-straat in Stellenbosch.
Wanneer? Saterdae vanaf 9:00 tot 14:00.
Lekker lêplekkies hier naby: Vin SuiteBokmakierie’s Rest | Stellenbosch Self Catering Cottage | Magnolia Place Stellenbosch Guest House

 Vin Suite (Links bo) | Bokmakierie's Rest (Regs bo) | Stellenbosch Self Catering Cottage (Links onder) | Magnolia Place Stellenbosch Guest House (Regs onder)


Bryanston se Organiese Mark in Johannesburg

Bryanston se Organiese Mark is Johannesburg se oudste buite-mark wat in 1976 gestig is. Dit bied vars kosse wat organies gekweek is, asook handwerkprodukte soos klere, geskenkies en juweliersware. Alles by hierdie mark word van natuurlike materiale gemaak. Bo en behalwe die 140 stalletjies wat natuurlike produkte verkoop, is hier ook musiekvertonings, doendinge vir kinders en 4 eetplekke!

Waar?  Bryanston in Johannesburg.
Wanneer? Dinsdae en Saterdae vanaf 9:00 tot 15:00.
Lekker lêplekkies hier naby:
 C.A.G The Hub | Lawrence Lodge | Lydall Wild Tranquil Garden Suites | Radiance Guest Lodge and Conference Centre 

C.A.G The Hub (Links bo) |  Lawrence Lodge (Regs bo) | Lydall Wild Tranquil Garden Suites (Links onder) | Radiance Guest Lodge and Conference Centre (Regs onder)

Of jy dié vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, óf ’n nuwe plek in Suid-Afrika gaan ontdek, daar is altyd ’n organiese markie om die draai! En as jy trommeldik geëet is, en jou voete seer is ná al die inkopies by die mark, het LekkeSlaap ’n hele rits lekker lêplekkies naby al dié markies sodat jy behoorlik kan uitrus. Bespreek ’n blyplek en maak sommer ’n naweekwegbreek van jou mark-besoek!

Hooffoto: 130223 Neighbourgoods Market-23 deur fiverlocker (Flickr) en Rooibos Iced tea @Neighbourgoods Market deur Bowkerb (Flickr)