Het jy geweet daar is 299 soogdierspesies en 829 voëlspesies in Suid-Afrika? Die meeste toeriste besoek Suid-Afrika vir die Groot 5, maar ons land spog met soveel meer as net dié 5 ongelooflike soogdiere. In hierdie blog werp ons die kollig op 10 spesies wat jy nie aldag sien nie!

PRETBROKKIE: Die mees kenmerkende eienskap van samango-ape, behalwe vir hul gesigshare, is die geluid wat hulle maak. Dit is ’n uiters harde “nyah”-klank wat dien as ’n alarm en wanneer jy dit hoor sal jy dit nie sommer gou vergeet nie! Wanneer die ape rustig is, kommunikeer hulle met tjirp-agtige geluide.

Samango-ape kom van Etiopië tot Suid-Afrika voor en al is hulle nie wydverspreid oor Suid-Afrika nie, sal jy hulle dalk by die volgende plekke sien: in Tzaneen by The Herb Cottage of in Magoebaskloof by Magoebaskloof Getaway of Forest Bird Lodge. ’n Ander goeie opsie as jy wil verseker dat jy ’n samango-aap sien, is Monkeyland. Dit is die wêreld se eerste park vir primate waar hulle vrylik kan rondloop en dis in Plettenbergbaai geleë.

4

PRETBROKKIE: Bloukuifloeries is baie donkerder as die grasgroen Knysnaloerie. ’n Goed gevestigde tuin met ’n digte blaredak sal dié loeries lok, en as daar vir hulle ’n badjie is, is die kanse nóg beter!

Jy kan by die volgende plekke dalk ’n Bloukuifloerie gewaar: in die Vallei van ’n 1000 Heuwels by Chillifields Guesthouse, in Warner Beach by Akidogo Guest House of in Eshowe by Dlinza Forest Accommodation.

3

PRETBROKKIE: Graatjiemeerkatte staan ook bekend as stokstertmeerkatte en behoort aan die muishondfamilie, maar hulle het nie ’n pluimstert soos die meeste ander muishondspesies nie.

De Zeekoe Guest Farm in Oudtshoorn bied gaste die geleentheid om saam met wilde meerkatte te stap! Jy kan ook by die volgende instansies gaan kuier om meerkatte te sien: Bushbaby Lodge in Marloth Park, The House of Green and Blue in Oos-Londen en Waterbessiebos Cottage in George’s Vallei.

1

PRETBROKKIE: Die 5-sent-voël kom slegs op ons vasteland voor. Die Xhosa- en Zulu-stamme in Afrika het baie ontsag vir bloukraanvoëls. Slegs Zulu-koninklikes mag hul vere gedra het en in die Xhosa-stamme mag net die krygsmanne dit gedra het.

Bloukraanvoëls kom hoofsaaklik in die Sentrale Karoo, die noordelike dele van die Oos-Kaap en in die Overberg voor. Daar is ’n bewarea vir bloukraanvoëls op die Midlands Meander-roete in KwaZulu-Natal, wat strek van Pietermaritzburg in die ooste tot by die Drakensberge in die weste. Jy sal definitief in hierdie gebied ons nasionale voël gewaar.

45a

PRETBROKKIE: Daar is ’n hele klompie verskillende klaasneus-spesies (19 om presies te wees!) en hulle is inheems aan Afrika. Klaasneusies is nader verwant aan olifante as aan muise en hulle kies een maat vir hul hele lewe.

Klaasneuse kom redelik algemeen in Suid-Afrika voor, maar word nie sommer gesien nie! In Hoedspruit by Blou Bank Tented Safaris sal jy dalk een te siene kry. Die Krugerwildtuin is ook ’n goeie plek om hierdie klein soogdiertjie te soek.

6

PRETBROKKIE: In Suid-Afrika kry ’n mens onder andere die swartkwasmuishond, die witkwasmuishond, die gebande muishond en die stinkmuishond. Swartkwasmuishonde en stinkmuishonde is meestal alleenlopers, terwyl witkwasmuishonde en gebande muishonde tropdiere is.

Jy sal heel moontlik by die volgende plekke muishonde sien: in Marloth Park by Phepuka Lodge, in die Natalse Middellande by Hemyock Plaas of in Waterval Boven by Kiepersol B&B en Selfsorg.

122

PRETBROKKIE: Die blouswaeltjie se glansende, donkerblou verekleed en lang buitestertvere is kenmerkend. Hulle broei tussen September en April in die Suide en daarna migreer hulle na Uganda, Kenia en die Demokratiese Republiek van die Kongo.

In Ehlanzeni in Mpumalanga kry jy die Blue Swallow Reserve. Dit is die tuiste van ’n hele klomp voëlspesies, waaronder ook die blouswaeltjie. Indien jy die reservaat wil besoek, kan jy in Kaapsehoop by The Royal Coach of by Angels Mist Gastehuis gaan kuier. 

3a

PRETBROKKIE: Erdvarke is enig in hul soort, aangesien hulle die enigste spesie in hul klas is. Hulle lyk dalk bietjie soos varke en hul tonge is soos miervreters s’n, maar hulle deel beslis nie ’n stamboom met een van die twee diere nie!

Jy kan moontlik ’n erdvark by die volgende plekke sien: in Lichtenburg by Lieweland, in Laingsburg by Gemsbok 4×4 en Kampterrein of in Marloth Park by Ex Deo Erdvark Cottage.

PRETBROKKIE: Hierdie kleurryke voël kom wydverspreid in Suidelike Afrika voor. Hulle het donkerblou koppe en ’n okerkleurige bolyf en die mannetjies spog met twee lang stertvere.

Paradysvlieëvangers kan by dié plekke gesien word: in Warner Beach by Akidogo Guest House en in Wildernis by Clairewood. Hulle word ook dikwels in Sabie gewaar.

4a

PRETBROKKIE: Muskeljaatkatte kan hul naels intrek, dit is aangepas sodat hulle kan klim en hul prooi kan vang. Hulle gebruik verskeie klanke om te kommunikeer: Die wyfies gebruik hik-geluide om met hul kleintjies te kommunikeer, jong muskeljaatkatte miaau gewoonlik, en wanneer hulle in gevaar is, hoor ’n mens hoe hulle grom.

Die kanse is goed om ’n muskeljaatkat by die volgende plekke te sien: in Schoemanskloof by Die Rots Gastehuis, in Waterval-Onder by Rockydrift Private Nature Reserve of in Stormsrivier by Bishops Cove.

***

Hierdie 10 diere is maar net ’n druppel in die emmer van Suid-Afrika se interessante fauna. Het jy al een van hulle teëgekom? Laat weet ons waar en stuur gerus ’n foto!

Hooffoto: “Klaasneusie” deur Jacques van Niekerk (Flickr).