Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"De Nova is a quick drive from the beach and close to all amenities and walking distance to a shopping centre close by."
"Dis 'n vriendelike en skoon dorp. Baie sentraal geleë van George en Mosselbaai."
"Ek is gaande oor Wildernis, hetsy dit vakansie-seisoen of buite-seisoen. Dit bly 'n ongelooflike, heerlike vakansie-bestemming."
"Die Wes-Kaap is pragtig, nie net Mosselbaai nie, alles en almal is net anders as in Johannesburg. Die mense is vriendelik, alles in die Wes-Kaap is so mooi, oral waar jy ry. Ons is baie lief vir die Kaap!"
Mossel Bay Central, Garden Route
Sandstone Manor"Dit bly 'n pragtige dorp met uitstekende herinneringe en restaurante."
"Daar's baie om te doen vir kinders en lekker restaurante. Mooi natuurskoon. Vriendelike mense."
"Lekker plek om paar dae deur te bring. Ons het die ou sandsteengeboue baie geniet."
"Ons het die lieflike kortpad na De Rust gery. Oulike dorpie om deur te snuffel."
"Dit bly maar vir my 'n pragtige deel van ons land. Stormsrivier, die dorpie, was 'n aangename verrassing. Weggesteek, maar doen gerus die moeite en draai daar in. Ek was vir die eerste keer in Jeffreysbaai. Heerlik gekuier en die heerlikste wafels geëet! Gouritsmond was ook een van die plekke waar ek nog nooit was nie. Ons het Gouritsmond toe gery en heerlik gekuier daar. Daar is beslis plekke waar ek nog nooit was nie. Die Tuinroete gaan baie meer van my sien!"
"Ons het al verskeie male in die omgewing gebly - en is mal daaroor om die Swartbergpas te ry - dit is net 'n ongelooflike belewenis om daardeur te ry. Natuurskoon soos min! "