Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9575 reviews.
"George is 'n goeie voorbeeld van hoe pragtig en skoon 'n stad in SA kan wees. Dit lyk na 'n lieflike stad om te bly."
"As jy 'n baie rustige plekkie wil besoek is Heroldsbaai beslis die bestemming. Dit was glad nie besig nie, dit is seker heeltemal anders in Desember."
"Onontdekte juweel met baie meer fasiliteite as wat ek besef het. Uitmuntende eetplekke!"
"Klaarstroom is behoorlik 'n "one horse town", maar voorwaar 'n besoek werd."
"As jy soek na 'n lekker plek om te gaan "chill", van die wêreld te vergeet en net te wees, dan is Myoli die plek vir jou."
"Sedgefield self het nie 'n tipiese vakansie gevoel nie. Dit is 'n "slow town" wat nie gekenmerk word deur baie toeriste nie. Wil jy rus en ontspan is dit die ideale plek. Dit is ongeveer 200 km noord na Stormsriviermond en die hangbrug en 150 km suid na Mosselbaai. George en Oudtshoorn (Kangogrotte) is ook binne bereik. "
"Sal enige vakansieganger aanbeveel om Myoli Strand te besoek. Sal die dorp weer besoek."
"Gaan defnitief weer terug kom vir 'n langer tyd om die besienswaardighede te aanskou."
"Oudtshoorn is die perfekte bestemming vir families met klein kinders. Ons was veral beïndruk met die natuurskoon en variasie van aktiwiteite in en om Oudtshoorn. Ons wou bietjie wegkom van die bekende vakansie dorpe en stede, en Oudtshoorn was 'n baie goeie keuse. "
"Wildernis bly ons gunsteling bestemming as ons daardie streek van die land besoek."
"Dis ongelooflik daar, die mense van Knysna is baie behulpsaam en vriendelik. Dit was baie indrukwekkend in en om Knysna."
"Puik vakansiebestemming, pragtige natuurskoon, see is lieflik en iets om te beleef. Sal enige tyd teruggaan Mosselbaai toe en dit vir enige iemand aanbeveel."
"Ons het al te vore in Wildernis tuis gegaan en dit so geniet. Dis 'n asemrowende plek met iets vir elke ou se belangstelling en 'n definitiewe moet op die toeriste lys."