Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 3696 resensies.
Retha V. - 3rd May 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Gerieflike ligging vir oorslaap tussen die Kaap en Gauteng.
Peter M. - 2nd May 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Colesberg verdien méér reklame.
Frank C. - 2nd May 2015
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Can see they are trying to attract tourists.
Jacques M. - 2nd May 2015
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Blou Naartjie se kos is puik!
Gerda K. - 29th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die restaurante is puik en die hele dorp is pragtig onderhou, ouwêrelds maar wêreldklas diens.
Marelise R. - 29th April 2015
staying in Upington, Noord-Kaap
Pragtige plek met baie om te doen.
Retief S. - 29th April 2015
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Vir ons het dit hoofsaaklik gegaan oor ons besoek aan SALT.
Peter M. - 28th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ongelukkig was daar nie tyd en geleentheid om die dorp te bestudeer nie, maar dit verdien groot aandag om as toeristeoord ontwikkel te word!
Louise V. - 28th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Oornag pitstop. Ideaal geleë.
Hannamarie B. - 25th April 2015
staying in Williston, Noord-Kaap
Die Williston Mall was iets unieks om te sien en beleef! Nie vir veel meer as dit tyd gehad nie.
Kees V. - 25th April 2015
staying in Hanover, Noord-Kaap
Interessante dorpie.
Hannamarie B. - 23rd April 2015
staying in Marchand, Noord-Kaap
Pragtige plek om oor te bly.
Hannamarie B. - 23rd April 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
Wonderlike omgewing. Die Noord-Kaap is 'n moet vir almal wat dit nog nie besoek het nie!
Stephen P. - 23rd April 2015
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Kuruman het baie potensiaal. Ongelukkig beeld die dorp self nie goeie indruk weens die toestand waarin dit is.
Alta J. - 22nd April 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
Omgewing pragtig ... veral in blommetyd.
Marianne D. - 22nd April 2015
staying in Springbok, Noord-Kaap
Nie veel kans gehad om daar rond te ry nie omdat ek die hele oggend in die Goegap Natuurreservaat, 4 km buite die dorp, deurgebring het! Dit was BAIE DIE TYD WERD Interessante plantegroei (ook buite die blomseisoen), ruwe klipkoppies, gemsbokke, springbokke, sebras en voëls. Die twee wandelroetes se aanwysers in die veld moet beslis opgradeer word, maar net die stap in die veld was al pragtig. Op Springbok inkopies gedoen vir vars vrugte, eiers en kaas by die plaaslike Spar, 'n uitstekende winkel. Pella, oos van Springbok, is ook 'n lang besoek werd.
Christiaan L. - 21st April 2015
staying in Kathu, Noord-Kaap
Besonders vir die feit dat dit in die Kalahari is.
Ben E. - 20th April 2015
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Ek dink in blommetyd sal dit 'n juweel wees.
Cynthia D. - 19th April 2015
staying in Richmond, Noord-Kaap
Wat 'n pragtige dorpie. Net vinnig daar deurgery. Sal beslis volgende keer langer bly en die dorpie verken.
Wynand B. - 18th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Onontdekte juweel. Sal graag meer tyd wil hê om plek te verken.
Salomie J. - 18th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Behalwe vir die ongelooflike restaurant, Plattelander, was daar nie veel om te sien nie!
Lynette G. - 17th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie klein dorpie, net reg om oor te slaap en dan weer die lang pad aan te durf.
Catharina K. - 16th April 2015
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Interessante dorpie en baie mooi.
Deon A. - 16th April 2015
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Dit is 'n baie stil dorpie. Nie aanbeveel as jy na naglewe soek nie. Baie geskiedkundig die SALT teleskoop is fantasties.
Bernu Z. - 15th April 2015
staying in Herlear, Noord-Kaap
Wonderlike bestemming, net vreeslik koud in die winter.
Deon K. - 14th April 2015
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Baie besig.
Nico F. - 14th April 2015
staying in Britstown, Noord-Kaap
Ek dink nie rêrig Britstown is 'n toeristebestemming nie - 'n oornagplek, ja.
Carina D. - 14th April 2015
staying in Cassandra, Noord-Kaap
Die dele van Kimberley wat ek gesien het, is baie verwaarloos en onversorg.
Johannes G J. - 14th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Veilig, skoon en vriendelik - nie veel om te doen in die dorp self nie. Die aanbevole restaurant was werklik 'n vreugde. Weereens goeie diens, vriendelike personeel en uitstekende kos!
Theuns V. - 14th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
As enige iemand daar verbygaan en nie by die Plattelander gaan eet het nie, dan het hulle sowaar uitgemis.
Marianne D. - 13th April 2015
staying in Britstown, Noord-Kaap
Ek was verras oor die mooi hotel daar. Dis oor die 100 jaar oud en het 'n pragtige binneplein met restaurantgeriewe. 'n Delikatessewinkel is ook deel van die hotel.
Jc N. - 13th April 2015
staying in Cassandra, Noord-Kaap
Ongelooflik!
Elize V. - 13th April 2015
staying in Noord-Kaap
'n Natuurskoonheid soos net die Noord-Kaap kan bied! Ons geniet dit om deur die Noordkaap te ry!
David E. - 13th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
There really isn't much to do in Colesberg, a visit to the Horse and Mill is an experience and local babotie is a must!
Andries B. - 13th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dorp is mooi skoon en stil. Hou dit so.
Betsy T. - 12th April 2015
staying in De Aar, Noord-Kaap
Baie netjiese dorp.
Lood O. - 10th April 2015
staying in Britstown, Noord-Kaap
Ek dink nie Britstown kwalifiseer as toeristebestemming nie.
Cornelis V. - 10th April 2015
staying in Loxton, Noord-Kaap
Pragtige plek - mooi opgepas, mens kan sien mense is trots op hulle huise en tuine, selfs die deel rondom die kerk is mooi in stand gehou. Mal oor die plek!
Francois J. - 10th April 2015
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Colesberg has a few things more on offer than just a sleepover or place to have breakfast on your holiday trip. Do treat yourself by turning off into town and visit a few coffee shops and personal, friendly treatment like South African art, and even vetkoek or koeksisters.
Danie V. - 9th April 2015
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Ons ouers het vir nagenoeg 45 jaar daar gewoon en is daar begrawe. Dis vir ons 'n baie spesiale dorp met baie spesiale mense en wanneer ons in Suid-Afrika kom, gaan ons vir 'n dag of wat daar aan.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]