Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Vredendal het ons aangenaam verras! Baie mooi skoon dorpie. Besoek ook gerus 'The Grape Vine' restaurant (vir die beste kos met styl, die beste steaks wat ons in jare geëet het en puik diens), 'Maskam Brewery Co.', en die kwekery, dié plekke kan ons beslis aanbeveel. "
"Ons was buite seisoen daar, dit was rustig met lekker weer. Ek weet nie hoe besig dit in die spitsseisoen gaan wees nie."
"Moet nie die laaste naweek van die maand jou besoek daar beplan nie. Dorp is dan oorlopens vol en vuil. Mense vertrap jou en maak die kuiertjie nie so lekker nie. "
"Gewone plattelandse dorpie. Dit is egter goed geleë om die berge en valleie in die omgewing te besoek. "
"Ek het by die Rendezvoux ontbyt geëet en dit lyk na 'n baie beter akkomodasieplek."
"'n Juweel van die Overberg. Trotse bestemming om mee te spog by enige buitelandse gas."
"Baie oulik. Het meer tyd nodig om te kyk wat alles daar aangaan. Begin by die tronk en kwekery. Kan 'n dag daar spandeer."
"Stil en rustig met net die natuur. 'n Ware juweel. Het selfs 'n bokkie met haar kleintjie in die veld gesien. Vriendelike mense. Beslis 'n stop werd."
"Die naam Vredehoek sê alreeds dat dit 'n rustige, vreedsame hoekie teen die hange van Tafelberg is. Jy kan in vrede oor die opwindende, besige stad en baai uitkyk, sonder om bewus te wees van die geluide van die stad. Vredehoek is ideaal geleë t.o.v. belangrikste toegangsroetes na besienswaardighede en die lughawe en om die draai vanaf Gardens Winkelsentrum en restaurante."
"A pity about the lack of flowers but the drive over Giffberg Pass made up for the shortage of flowers."
"Ons was slegs dames vir die naweek, maar het baie gaan stap sonder om enigsins onveilig te voel."
"The roads need to be repaired it does look a bit run down in places but there are some interesting sites to visit, the museum was interesting and is well worth the visit."
"Dit is 'n netjiese dorp met vriendelike mense. Mooi natuurskoon en berge en besienswaardighede binne ry-afstand."
"Tans baie padwerke, maar dit is in 'n besondere deel van ons provinsie en bied oulike eetplekkies en kunsvlytwinkeltjies."
"Naby genoeg aan die stad, maar tog ver genoeg om uit die gedruis te wees. Baie goed geleë tussen Kaapstad en die Wynlande. Verblyf is goed geprys in vergelyking met die Wynlande. "