Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Die mense in Beaufort-Wes maak die dorp nog meer spesiaal. Almal is vriendelik en ongelooflik behulpsaam! 4 Sheep is 'n moet-stop vir heerlike ete en oulike winkel waar jy van lekkerny tot skaapkoppe kan aanskou! Joe's Diner by die Savoy neem mens terug na die ou dae en Donkin Deli se ontbyt is hoogs aan te beveel. Beaufort-Wes is ALTYD 'n hoogtepunt op ons reis van die Kaap na die binneland en terug!"
"Pragtige omgewing met al die sitrus- en ander boerderye, lekker vrugte, interessante padstalle, naby die Sederberge."
"Ons het Beaufort-Wes besoek omdat ek daar grootgeword het. Ek was geskok dat die middedorp so verval het. Misdaad is aan die orde van die dag! Die omgewing waar ons tuisgegaan het was egter goed versorg en ons het daar veilig gevoel! Die Karoo in die groot geheel het nie sy bekoring verloor nie! Ek sien uit na ons volgende besoek!"
"Mooiste strand wat ons in 'n langtyd besoek het - met die Breederivier wat ook daar is. Baie plek om te stap en te verken. Goeie restaurante, heerlike kabeljous geëet by Anchorage."
"Dit het alles wat jy nodig het en is naby aan al die mooi plekke om te besoek."
"Beslis 'n toeristebesoek werd. Gasvryheid oral waar ons aandoen en altyd 'n welkome stilhou-bestemming. Die ideale stop vanaf of op pad Kaap toe."
"Vir ons wat in die Kaap woon, is Yzerfontein die ideale vakansiebestemming - veral vir 'n kort wegbreek. Dis nie te ver nie, dis pragtig en dis 'n netjiese en skoon kusdorp met genoeg verblyf."
"'n Wonderlike juweel van 'n dorp met ongelooflik baie om te doen!! Inteendeel so ek aanbeveel mens bly langer daar oor aangesien daar soveel besienswaardighede is!"
"Wonderful whale sighting spot, 91 whales in bay today (aerial spotting), will definitely be back."
"Ons was baie verras oor die netheid van die toilet geriewe, dis iets wat die munisipalitiete van die Weskus en Kaapstad dalk tips by kan kry. Nêrens moes ons rondsoek vir kleingeld om hulle geriewe te gebruik nie en orals was skoongeriewe en 2 ply toiletpapier. Oral was iemand altyd beskikbaar om te help. Meiringpoort is ñ goeie voorbeeld waar skoongeriewe en sekuriteit beskikbaar was by alle rus stop plekke."
"Ek was baie beïndruk met die plek. Sal weer daar kom bly. Dis waarde vir geld. Sal die akkommodasie vir ander aanbeveel."
"Lovely coastal village with an interesting history and perfect for coastal running and walking. "