Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Most beautiful sceneries close to beaches and you can use public transport, it's really convenient, lots of places to explore."
"Visvang vir die manne, in die rivier as die wind nie saamspeel nie, en see toe op windstildae. Heerlike koffie- en kuierplekke vir die dames terwyl die manne uitgaan water toe."
"Naby alles wat mooi en opwindend is, natuur en ander besienswaardighede. 'n Moet-besoek vir elkeen!"
"As ek ooit sal trek is dit my volgende bestemming sowaar, dit het my hart gesteel."
"Strandfontein is 'n rustige stranddorp waar daar lekker gestap kan word met 'n pragtige uitsig oor die see. Naby Doringbaai. Waar 'n man vis, brandstof en ander benodighede kan kry. Kommetjie Restaurant (Strandfontein) het ons smaaklik geeët aan hul Seekos-bord. Waarde vir geld. Ons sal definitief weer terugkom."
"Dis hartsmense en baie vriendelik. En die skoonste dorpie ooit. Mal oor al die winkeltjies en eetplekke. Kon ongelukkig nou nie almal se kos gaan proe nie. Stilbaai, ek kom beslis weer kuier."
"Plettenbergbaai is baie asemrowend en goed geleë vir die strande en omliggende buitemuursaangeleentheid."
"Besighede was nie oop nie oor die Paasnaweek nie. Vakansie-atmosfeer is fantasties met goeie water-vermaaklikheid."
"Wat sê mens. Die Weskus is 'n plek waar mense harte rustig klop, vriendelikheid en asemrowende natuurskoon roep my elke keer terug."
"My gunsteling seebestemming, strand is baie veilig en baie restaurante om van te kies. Vriendelike dorpie."