Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7961 resensies.
"Baie klein dorp met heerlike mense, lekker geëet in die hotel en al die locals ontmoet, baie gelag was 'n fees."
"Dit is sommer net lekker om in 'n eg Suid-Afrikaanse dorpie te kan kuier. Rus en vrede vir jou siel. "
"Verskriklike mooi dorpie en die inwoners is ongelooflik vriendelik en gasvry. Baie veilig. Ons as gesin het tot donker in dorpie buite rondgeloop en die plekkie verken. Iets wat jy nie sommer meer op ander plekke kan doen nie. "
"Stil dorp met tonne geskiedenis. Doen moeite en gaan besoek die museums, monumente en gedenkwaardighede in die omgewing!"
"Fouriesburg was 'n gerieflike basis om vanaf Lesotho te verken en die dorp sal my beslis weer sien. Ons het gaan stap deur die dorp en die inwoners het sonder uitsondering baie vriendelik gegroet."
"Trompsburg self is baie klein, maar prefek vir 'n oornag of twee se stop op pad na 'n bestemming. "
"Die beste Ocean Basket by Loch Logan Waterfront, selfs beter as die een in die Strand."
"Clarens is n pragtige, klein dorpie met wonderlike mense. Laat mens dadelik tuis voel. Soveel om te doen, veral as jy hou van die natuur. "
"Het die lekkerste kos en melkskommels by Affieplaas restaurant geëet. Sal dit enige tyd aanbeveel. "
"Netjies, skoon buurt. Goed geleë vir reisigers om vinnig op snelweg te kom en vind dit maklik vanaf snelweg as jy daar oornag by 'n plek."
"Pragtige, ongerepte dorpie met wonderlike natuurskoon en baie besienswaardighede. Baie vriendelike gasvryheid waar jy kom. "
"Regte mense wat omgee! Kan definitief die gholfklub aanbeveel. Lekker kos en Mabel is so goed met die kinders."
"Lieflike, ongerepte dorpie met alles wat jy nodig het om gerieflik en rustig te kuier. Ongerepte natuur en baie plekke te besigtig sommer naby. "