Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Een van die mooiste dorpies in die Overberg met oorgenoeg restaurante en aktiwiteite."
"Wat 'n juweel! Soveel geskiedenis en nostalgie in een dorpie! Uitstekende restaurante, vriendelike diens en pragtige natuurskoon."
"Weskus bly 'n wonderlike plek en ons verken nuwe plekke graag! Die Lutzville Kelder is 'n wenner, asook die kos by die Lutzville Hotel. Mense het kommentaar gelewer dat die pryse hier hoog is, maar die porsies is baie groot (Cordon bleu oorgenoeg vir my honger man, vir my, plus padkos die volgende dag!)."
"Lekker plek om af te skakel en te gaan stap by die hoofstrand of die lagoon. Takeaway-vis en -chips en die ondersteuning van plaaslike restaurante is 'n wenresep vir lekker kuier."
"Kaapstad is nie 'n lekker plek nie, maar Valsbaai en veral die Strand, die ideale plek vir vakansie!"
"Dis 'n heerlike dorpie om in rond te loop, lewe is rustig, mense vriendelik en die winkeltjies - uitstekend!"
"Wonderlike dorp vir 'n wegbreek, interessant, pragtige natuur en vriendelike inwoners."
"It is a quaint little town with lots of friendly people. We hoping to move there in 2 years time."
"Ons is mal oor Prince Albert. Een van die beste, mooiste, skoonste dorpies om te besoek in Suid-Afrika."
"Sentraal geleë vir besoeke aan ander dorpe se toerisme-aantreklikhede. Het self 'n paar jaar terug in Mosselbaai gebly en het sommer weer tuis gevoel."
"Beautiful beaches and easy access to shopping centres and restaurants. A perfect holiday destination."
"Die koffie by die winkeltjie naby die vloedmuseum was nogals 'n wenner."
"Amazing plek. Wat ons dadelik opgetel het is hoe skoon die omgewing is & die mense is verskriklik vriendelik. Pragtige plek & rustig. Kos vir die siel. Jy vergeet van die Gauteng malligheid & gejaagdheid."
"Die meeste attraksies op die dorp was gesluit, maar die Velskoen en die museum kan aanbeveel word vir hulle uitstekende diens en vriendelike personeel. Die Rooibostee-huis se produkte is goed. Pragtige pas om uit te ry!"
"Oulike rustige plekkie. Mooi uitsigte. Blikkies Pizza beslis 'n lekker restaurant. Vriendelike mense in Paternoster. Sal beslis weer kom kuier."