Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Klein en rustig, met baie karakter. Daar is nie veel om te doen nie, en dis seker die punt van so n dorpie. Daar is goeie selfoon sein, maar die veelvoudige padwerke het ons rustige terugry Kaap toe kuslangs bietjie bederf. Ons kla egter nie te veel oor paaie wat onderhou en herstel word nie."
"Lekker stil en rustige kusdorpie, met vriendelike mense. Die hengelaar sal dit regtig geniet."
"Wellington is 'n maklik bekombare dorp en goed geleë as jy ander dorpe in die omgewing ook wil besoek."
"Wonderful stay and certainly better than any other province."
"Knysna is 'n paradys op sy eie. Dit is 'n wegbreek van jou normale daaglikse lewe. Daar is oneindig baie goed wat jy kan doen."
"Gansbaai as 'n toeristebestemming is nie vir almal nie, maar die haai-entoesiaste sal dit geniet."
"Hermanus is heerlik, maar wees bewus dat dit, soos baie ander kusdorpe, baie winderig kan raak."
"The Elgin Valley is spectacular with many wine and fruit farms. Definitely worth a visit for hiking, biking, kayaking and bird watching."
"Buiten vir al Oudshoorn se besienswaardighede, was Calitzdorp 'n lekker kleindorpie-besoek. Mooi wingerde, wynkelders, restaurante, ens."
"Great weekend getaway. Lovely restaurants, a must to visit Kloovenberg and great meat to be bought at Delico."
"Lekker vakansiedorp, met baie aktiwiteite. In die aande word die strate opgerol en gebêre by die petrolstasie en straatlampe word doodgeblaas."
"Pragtige dorpie wat enigiemand vir 'n naweek of meer kan besig hou. Die mense is ook baie vriendelik."
"Een van die beste wegbreek plekke aan die Weskus. Geniet die dorp en sy mense en alles wat mens daar kan doen, van die unieke eetplekke tot die bierbrouery. Een van ons gunsteling plekke. Nie te praat van die kreef wat van tyd tot tyd beskikbaar is soos die kreefseisoen dit toelaat. Altyd lekker!"
"Love this town. We visit twice a year. We had a terrible experience at the hotel in 2016. Will never go back to that venue. But the rest of Paternoster is amazing!"