Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.56 uit 5 gekry volgens 32136 resensies.
Koos S. - 27th May 2016
staying in Britanniabaai, Wes-Kaap
Die huidige ontwikkeling sal 'n groot impak hê op die rustigheid van die omgewing. Dit is 'n pragtige plek.
Cassandra K. - 27th May 2016
staying in Costa Sarda, Wes-Kaap
Costa Sarda is definitief 'n plekkie waarna ek weer sal gaan. Die uitsigte is prentjiemooi en dis heerlik rustig vir daai wegkom van gejaag en net wil ontspan.
Annalie J. - 26th May 2016
staying in Calypso Beach, Wes-Kaap
Ek dink dit is 'n baie sentrale plek om te bly terwyl jy die Weskus besoek.
Stephnie M. - 26th May 2016
staying in Greyton, Wes-Kaap
Dis 'n ervaring om deur die straatjies te loop en in die winkeltjies te snuffel. Dis 'n baie netjiese dorpie. Baie fantastiese restaurante.
Mariette K. - 26th May 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Jacobsbaai is pragtig met heerlike restaurante en 'n kafee. Mense is vriendelik en rustig.
Arina J. - 26th May 2016
staying in Kaapse Roete 62, Wes-Kaap
Roete 62 het baie om te bied! Ons het 'n baie mooi land!
Gerhard T. - 26th May 2016
staying in Greyton, Wes-Kaap
Greyton is altyd die moeite werd om te besoek, veral as 'n mens dit kan verbind met iets besonders soos die klassieke musiekfees verlede naweek.
Selene D. - 26th May 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Baie lief vir die dorpie, en verblyf altyd baie lekker.
Danie N. - 26th May 2016
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Heerlike toeriste area.
Carmela M. - 26th May 2016
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Baie oulik - mooi plekkies om te sien.
Benjamin M. - 26th May 2016
staying in Hoekwil, Wes-Kaap
Die plek om te gaan.
Hiletje S. - 26th May 2016
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Port Owen is een van ons gunstelingplekke. Ons kry nie genoeg van die Weskus nie en beveel almal aan om tog eendag daardie huisie by die see te gaan koop.
Kobus G. - 26th May 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Ligging is sentraal tussen wynroetes en Kaapstad.
Chris M. - 26th May 2016
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
Oulike klein dorpie.
Ina H. - 26th May 2016
staying in George, Wes-Kaap
Baie goed, het net baie verander. Die streek bly maar die mooiste.
Johannes C. - 25th May 2016
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Ons het middagete by Die Anker restaurant baie geniet.
Chris V. - 25th May 2016
staying in Witsand, Wes-Kaap
EK WOU GRAAG UITGAAN VIR SEE VISVANG. BLYKBAAR VERKEERDE TYD. TRIP MET MARK OP RIVIER BAIE LEKKER EN RESTAURANT BY BREEDE LODGE WAS BAIE LEKKER.
Johnnie P. - 25th May 2016
staying in Bettysbaai, Wes-Kaap
Die pikkewyne en Tides het ons aand gered! Mooi natuur!
Sonya B. - 25th May 2016
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
Riebeeck-Kasteel is 'n pragtige plekkie, ek sal regtig weer teruggaan, en kan dit vir almal aanbeveel.
Neil O. - 25th May 2016
staying in Riversdal, Wes-Kaap
Baie rustige dorpie en vriendelike mense.
Flippie B. - 25th May 2016
staying in Dwarskersbos , Wes-Kaap
Rest for the soul.
Daniela C. - 24th May 2016
staying in Ashton, Wes-Kaap
Daar is heelwat wat ontdek kan word.
Nantes D. - 24th May 2016
staying in Llandudno, Wes-Kaap
Llandudno is 'n pragtige strand en weg van die besige Kaapstad.
Ben V. - 24th May 2016
staying in Witsand, Wes-Kaap
Baie aanloklik. Vriendelike mense. Rustige omgewing.
Catherine J. - 24th May 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Montagu is nog 'n egte klein dorpie met gasvryheid om elke hoek en draai. Heerlike interessante restaurante om by te gaan eet en 'n algemene veilige omgewing. Gaan doen gerus die trekker ritte - die moeite werd!
Marian H. - 24th May 2016
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Fantastiese vakansieplek, onthou net om jou jas saam te vat, kan skielik net koel raak daar.
Nico. V. - 24th May 2016
staying in Knysna SSB, Wes-Kaap
Gaan beslis weer kom.
Danie T. - 24th May 2016
staying in Porterville, Wes-Kaap
Meer plekke in natuurskoon as waarvan mens bewus is.
Sanet M. - 24th May 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Langebaan het oulike winkels en die rustigheid is hulle geheim!
Johann A. - 24th May 2016
staying in Bellville, Wes-Kaap
Baie sentraal, naby alles.
Albertus V. - 23rd May 2016
staying in Danabaai, Wes-Kaap
Die meeste dinge wat jy nodig het is reeds in Danabaai en jy hoef nie uit Danabaai te ry om die nodige goed te kry nie. Dit is vir my as hengelaar baie lekker in Danabaai. Ek sal enige tyd weer in Danabaai kom bly.
Greg B. - 23rd May 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
This was a super time of year to visit. No crowds and pleasant weather.
Dirk T. - 23rd May 2016
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Kan enige tyd van jaar besoek, dis baie mooi.
Hermann D. - 23rd May 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Strand is 'n goeie punt om beide besigheidsroetes sowel as natuurroetes te sien en sal sterk aanbeveel vir mense in ooste van Kaap om Strand omgewing te oorweeg as 'n oorslaap-bestemming.
Theresa B. - 23rd May 2016
staying in Kalkbaai, Wes-Kaap
Die beste plek in Kaapstad. Ons is verlief op die plek!
Marcia D. - 23rd May 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Nice town.
Leon L. - 23rd May 2016
staying in Marina Da Gama, Wes-Kaap
Goeie plek om te oornag.
Kitty G. - 22nd May 2016
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
Beautiful environment, but walking and cycling paths poorly indicated or absent. A pity there is no natural swimming water, river, lake or dam; nobody's fault but part of a description for tourists.
Hannes S. - 21st May 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Wonderlike plek, maar die weer is so onvoorspelbaar.
Milda O. - 20th May 2016
staying in Darling, Wes-Kaap
Ek dink Darling is 'n oulike plekkie, maar nie vir 2 dae nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za