Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 44462 resensies.
Saldanhabaai Munisipaliteit, Wes-Kaap
Hoedjiesbaai Hotel"Saldanhabaai is 'n baie klein plekkie, maar 'n baie mooi plekkie. Vriendelike mense en baie mooi versorgde strande. Ek was ook baie ingenome met die netheid van die karavaanpark. Ek sou net wou sien dat meer braaigeriewe in die dorp aangebring word. "
"Goeie omgewing vir verblyf as u enige plek in die Kaap moet wees vir besigheid en vakansie. "
"Vredenburg is nogal 'n groot dorp met baie winkelsentrums en malls. Die mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Dit is ook baie ideal geleë om die nabye kusdorpies te besoek. Ek sal Vredenburg definitief weer besoek."
"Al wat ek kan sê is dat Langebaan is een van ons land se juwele."
"Pragtige vissersdorp met verskeidenheid van eetplekke en ander dienste. 'n Lekker plek om weg te breek van die stad se gejaagdheid. "
"Ek kan julle 11/10 gee vir die netheid van Heroldsbaai. Dankie dat julle vir ons 'n veilige vakansie bied. Dankie vir die Lewensredders wat altyd wakker en op hulle pos is. "
"Houtbaai is maar net een van my gunsteling bestemmings. Bekostigbaar en veilig en naby aan al die Kaapstad besienswaardighede. Dis uit die verkeer van Kaapstad. Die mense daar is vriendelike en ontvanklik. Sal enige tyd weer teruggaan. "