Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 44595 resensies.
"Daar is baie oulike dorpies, winkeltjies en restaurante om te ontspan by en so bietjie rond te snoep. Daar is lekker 4x4-roetes ook. Jy kry daardie klein dorpie gevoel! Almal is vriendelik en groet jou in die straatjies."
"Ek het hier besef dat die inwoners van Lambertsbaai baie vriendelik is. Dis asof hulle altyd bewus daarvan is dat hul hul dorp as toerismebestemming moet adverteer. Almal was behulpsaam en vriendelik. Ek sal beslis weer die dorp besoek."
"Lieflike skoon strand. Heerlik vir swem in see en sonbaai. Goeie ligging. Klipgooi vanaf Hartenbos en Mosselbaai."
"Pragtige plek, alhoewel ons nie veel gesien het nie. Het die aand by 'n restaurant geëet en toe ons terugry na Fisherhaven toe is die krag af en het ons verdwaal, maar gelukkig vir GPS het ons darem weer by ons bestemming gekom."
"Moet weer teruggaan vir langer tydperk want daar is baie om te doen en te sien in die area."
"Baie mooi plek. Hoogs aanbeveelbaar vir enige persoon. Beplan 'n volgende besoek, maar hierdie keer wil ek daar oorslaap. Sal graag met die trein soontoe wil gaan."
"Dit was een van ons lekkerste vakansies in 'n lang tyd. Soveel vermaak en besienswaardighede. Daar was nie een vervelige oomblik vir ons nie. Ons sal beslis weer Mosselbaai besoek."
"'n Gebied met baie goeie verrassings, vriendelike mense, netjiese omgewing en hope inisiatief."
"Die kombinasie van die berg, met sy grotte, en die see met die ryk seelewe bied 'n ideale wegbreekbestemming as jy op soek is na rus en stilte. Die dorp kan voorsien aan die basiese benodigdhede, met Lambertsbaai en Clanwilliam naby genoeg om voorrade aan te vul."
"Dit is die skoonste dorpie langs die kus wat ons nog gesien het. Ons sal self graag in Yzerfontein wil vestig want dit is baie sentraal."
"A piece of heaven on earth. First experience in Kleinmond, but definitely mapped for future holiday getaways. From the locals to the most exciting shops, especially Bloubakkie, to the beautiful lagoon and breathtaking sea/views, and not forgetting King Fisher well situated and equipped apartment!"
"Baie mooi en rustig. Enigste nadeel is dat daar geen winkel is om gou 'n tjoklit of sak hout te koop nie."