Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Die grootste probleem met die Kaap is die wind, en die beperkte hoeveelheid paaie in Kaapstad in. Andersins, spesifiek met betrekking tot Bloubergstrand was dit 'n heerlike area om in te bly. Ons kon strand toe stap om na die kite surfers te kyk. Daar was ook werkende parkies naby vir ouers met kleiner kinders. Die dorp beskik oor verskeie geriewe van winkels, kitsbanke, tot restaurante en besienswaardighede, en is binne ry-afstand van vele meer bestemmings. Iets vir almal binne 'n redelike afstand."
"Was so warm en droog toe ons deur gegaan het Kaap toe, maar met terugkom het dit lekker gereën en alles lyk skoon en oop."
"Lyk na 'n interessante dorp, ons was Sondagmiddag daar en al die mooi plekke was reeds toe."
"Baie oulike klein Weskusdorpie, nie baie restaurante nie, maar lekke strand."
"Baie stil, rustige buurt maar tog naby genoeg vir vinnige aankope in die dorp. Net wat 'n natuurliefhebber nodig het. "
"Reebok is sentraal geleë. Naby die N2, 40 km vanaf George. Die omliggende areas waar jy kan verdwaal in die mooi natuurskoon. See en swem is beslis nie alles nie. Besienswaardighede is die juwele van hierdie area."
"Lovely place nice and peaceful great to relax everything was exceptional, food was great."
"Beaufort-Wes is en sal seker maar altyd die oornagstilhouplek wees vir reisigers en vakansiegangers, wat die lang pad aandurf van die binneland na die kus. "
"Die dorp is wonderlik. Beslis 'n plekkie om na te gaan as mens weg wil kom van die stad."
"Ons was rêrig aangenaam verras deur Kleinmond. Dis 'n regte vakansiedorpie met 'n strand, lekker eet- en kuierplekkies en 'n lieflike uitsig. Die tipe plek wat mens altyd sal onthou met 'n glimlag."