Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Daar is nie 'n genoeg besighede waar 'n vinnige ontbyt geniet kan word nie. Die strate het slegs parallelparkeerplekke wat daartoe lei dat mens van eetplekke af moet parkeer. Dit voel ook nie veilig om jou kar met vakansie bagasie daar te stop nie. Eet eerder by die oornag akkommodasie self."
"As jy nou regtig die goedhartigheid van Karoomense en die mooiste en rustigste plek wil ervaar, maak hier 'n draai! Ek verlang al klaar!"
"Ek woon self op die platteland en dit is jammer dat ons dorpe so verwaarloos word en agteruit gaan."
"Vir my wat 'n plaaskind is en nou in die stad woon, is dit waarna my siel smag. Ek besef dis nie almal se "cup of tea" nie, maar as daar plaas in jou bloed is, of as jy van stilte en wye oop spasies hou, weg van mense, is 'n gasteplaas in die Karoo beslis vir jou."
"Heerlike Karoo-atmosfeer in die dorp en vriendelike mense. Allervreeslikste lekkerste kos by die restaurant geniet! Ongelooflike sterre snags. Heelwat om te sien rondom die dorpie, maar hier is alles oor rus en vrede en lafenis vir jou siel."
"Baie oulike plek, laat my aan Dullstroom dink. Sal definitief weer teruggaan om weer die pas te ry en al die plekkies te besoek."
"Ons het glad nie die area verken nie, net oorgeslaap! Baie netjiese vulstasie."
"It is a great midway point to overnight between Cape Town and Gauteng. The Engen Centre on the N1 at the entrance to the town is a good place to refuel and get a bite to eat."
"Goeie plek om oor te slaap halfpad tussen die Kaap en Gauteng met baie blyplekke om van te kies."
"Ek dink net dat mens tyd moet maak om met die plaaslike mense te praat en uit te vind waar die goeie plekke is om te besoek."
"Tensy jy belangstel in wat gebeur het met die Laingsburgvloed kan ek nie sien dat Laingsburg as toerismebestemming bemark word nie."
"Baie lekker vakansie vibe en tipiese toerisme dorpie. Kunswinkels en straatkaffees. Clarens in die Vrystaat op klein skaal."
"Joubertina is a little gem in the Eastern Cape. Quieter route than the N2, and is amazing to pass through all the fruit farms."
"Mooi Karoo dorpie, maar bietjie warm vir my vir vakansie hou."