Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16426 resensies.
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
Harbour Lights"A place and surroundings that is worth a regular visit."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Skaapkraal"Museum is die moeite werd. Bontbokpark het effens teleurgestel. Klim na Twaalfuurkop wonderlik."
Stilbaai-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Hawehuis"Ons verkies Stilbaai-Wes. Lieflike strand en baie dekor winkeltjies en eetplekke naby."
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Sandbaai Woonstel"Voorwaar 'n mooi en lekker plekkie om te bly. Mense baie vriendelik. Alle winkels en mediese behoeftes byderhand."
"Ek was daar vir 'n troue en het nie regtig geleentheid gehad om te verken nie, maar my broer en 'n vriendin het dit gedoen en was baie in hulle skik oor Caledon en die omgewing."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Annie's"Dit is een van die mooiste plekke in ons land. Sal vir seker weer Struisbaai besoek vir 'n vakansie en vir seker langer daar vakansie gaan hou."
"Die perfekte dorpie vir die lekkerste kuier. Gaan eet gerus by The Mystic Tin; ek sal dit ten sterkste aanbeveel."
"Tulbagh is 'n pragtige plattelandse dorpie, met genoeg buitemuurse aktiwiteite om ons tevrede te stel, bv. perdry, bergklim, stap. En moenie vergeet van al die mooi omliggende wynplase waar mens kan wynproe en selfs eet ook by sommiges. Ons gunsteling dorpie en net 'n uur uit die stad."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Moschel"Paternoster bly die beste. Dis regtig die lekkerste dorpie. "
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Hills Dam House and Flat"But we love the Cedarberg, so very fond of Clanwilliam town."
"Tulbagh is beeldskoon en die klein dorpie het baie om aan te bied. Oakhurst Olives is definitief 'n moet!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Gelukkie"Ek sou verkies as die res van die wêreld nie weet van Paternoster nie, want dis so pragtig en wil dit graag vir myself hou! En om alles te kroon, het ons die lekkerste Sushi ooit daar geëet! Die enigste negatiewe kommentaar is: Die 'ingang' van die dorp vanaf Vredenburg (algemene 750 m area rondom die 1ste 4-rigting stop) het dringend aandag nodig: die res van die dorp is so mooi, maar die eerste indrukke is vuil, morsig en onversorgd."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Paradise Beach Langebaan 9 Elara"Die mense en dienste is uitstekend!"
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Happy Family Guest House"Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel en definitief weer besoek."
Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Riebeek Valley Hotel"It was very dry. But a beautiful area nonetheless. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Potters Rest Studio 1"Pragtige dorp met vriendelike mense en eetplekke van 'n groot verskeidenheid. Alles is skoon en netjies. Pragtige strandareas en 'n Weskusparadys!"
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Suné's Self Catering"Kan baie warm en koud word. Dit is nie negatiewe kommentaar nie."
Simondium, Ontsnap Uit Kaapstad
Station House"Het het slegs een nag oorgeslaap nadat ek 'n funksie in die omgewing bygewoon het, so ek weet nie regtig wat die toeriste-aktiwiteite van die omgewing is nie, maar die natuurskoon is uit die boonste rakke en ek sal beslis 'n plan maak om meer van die omgewing uit te vind."