Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16384 resensies.
Silversands, Ontsnap Uit Kaapstad
Anne's Place"Ek sal ander toeriste aanbeveel om gerus hierdie plek te gaan besoek. Dis 'n baie rustige omgewing waar jy lekker kan rus en ontspan. "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Paul Kruger 63"Dit is 'n pragtige rustige plek. Ons kon selfs 8uur in die aand gaan stap! Die mense is vriendelik en die dorp is so skoon! Baie dankie vir 'n onvergeetlike tyd. Ons sal beslis weer daar gaan "kuier"."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Villa Amore"As jy rustig wil wees en die natuur wil geniet, is Paternoster die plek. Indien jy hou van winkelsentrums bly weg."
"Pêrel van die Boland! Gerieflik geleë. Dorp met karakter en geskiedenis. Die plase in die dorp maak die Paarl. "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
NetReg"Fantastiese vakansiedorp. Stil en rustig, maar naby genoeg aan die stad om ook dit te beleef."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Linge Longa"In die somer braai die son mens ongenadiglik dus is die koeler maande beter om daar te vertoef. Mense is baie baie vriendelik en hulpvaardig.As mens 'n wyn-fundie is, is dit die omgewing om te verken. Naby die ander besienswaardige plekke soos Montague, Robertson, ens. Baie goeie eetplekke in die omgewing. Die klimaatsverandering gaan dalk vorentoe 'n groot beperkende invloed op die omgewing se natuur attraksie hê."
"Paarl is rustige burg. Mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Die wyne is iets ysliks as mens dit wil doen en kopseerpille is gelukkig goedkoop.Ongelukkig is die verkeer in Kaapstad toe mal en openbare vervoer is onderontwikkel. Van die beste skole in die land is daar."
Bonnievale, Ontsnap Uit Kaapstad
Beausoleil"Bonnievale is geleë naby pragtige wynplase en ook die mooiste paaie om te ry. "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
DuVon Farmhouse"Robertson was baie lekker en die mense is vriendelik. Ek het die lente skou vreeslik geniet. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Oom Dana se Huis"Paternoster is 'n uitstekende uitkoms uit die stad se gewoel. Hier kan jy rustigheid en die natuurskoon geniet."
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Haus Barbara Guest House"Bredasdorp is 'n stil dorp en nie regtig geskik vir toeriste wat van baie bedrywighede hou nie. Daar is 'n Skeepsmuseum maar as jy baie meer wil sien, moet jy bereid wees om te ry. Dit is 'n goeie plek as jy net van die stadsgejaag wil wegkom en wil rus."
Moorreesburg, Ontsnap Uit Kaapstad
Wheatfields Guest House"Moorreesburg needs something to liven the town up a bit. Maybe an event or some live entertainment. It was really sad to see so many run over buildings."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Craylord"If you are a adventurous person you will have lots to do especially the beauty of the place and it's people."
"Baie mooi plek. Sou graag daar wou bly as dit nie so warm was nie. Het reeds vantevore daar gebly."
Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Kormorant Apartment"ideale plek as jy will wegbreek van die besige stadslewe en net wil rustig wees by die see."
"Dis 'n pragtige vallei met allerlei paaie om te verken! Ons het die heerlike pizza en wynproe by Highlands Road Estate baie geniet, asook die lekker ontbyt by Rojaal teekamer. Ons sal graag weer gaan."
L'Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad
Cape Agulhas Guest House"Beautiful scenery, nice restaurants, clean surroundings."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Fagans"Pragtige skoon kusdorpie. Dink daaraan om dit my aftreeplekkie te maak!"
Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Eikehoff Self-catering Apartment"Baie lekker restaurante!"
Calypso Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
4 Thera Way, Calypso Beach"Sentraal geleë om die omgewing te kan verken en langs pragtige deel van die Langebaan strand."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Engela's Overnight Accommodation"Did not really tour around, but liked the outdoor restuarants on the main road. "
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Kleinfontein"Gasvrye en vriendelike mense wat regstaan om te help."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Gaan eet gerus by Mez restaurant, fantastiese restaurant, bespreek beslis."