Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"Pragtige dorpie met vele bedrywighede in die onmiddellike omgewing. Meiringspoort is asemrowend mooi en die publieke badkamers is pynlik skoon en netjies. 1ste klas toeriste-aantreklikheid."
Great Brak River, Garden Route
Dwarswegstrandoord"Julle dorp is pragtig. Hou dit so en ons gaan julle nog baie jare ondersteun!"
"Prins Albert het kompetisie hier! Perfek geleë om Meiringspoort, Oude Muragie en Seweweekspoort pas te besoek. Lekkerste omelette van ons lewe geëet by the Village Trading post."
"Oudtshoorn is 'n rustige Karoodorp met gasvrye en vriendelike mense waar mens nog egte plattelandse gasvryheid geniet!"
"Ek was verbaas. Stilbaai is 'n lekker vakansiedorp met vriendelike en behulpsame mense en 'n aangename atmosfeer. Heerlike restaurante en genoeg winkels vir alles wat jy nodig het."
"Ons kan nie glo bykans al die winkels/restaurante ens. in die ATKV se nuwe ontwikkeling in Hartenbos is feitlik 100% Engels nie! Wat 'n belediging vir die oorwegend Afrikaanse inwoners en derduisende Afrikaanse besoekers! Ons kom nie weer nie!"
"Pragtige plekkie, netjies en veilig. Dis 'n goeie plek vir 'n rustige lewenstyl."
"Iets wat my opgeval het is die borde wat lees " ry asb versigtig ons is lief vir ons kinders". Ek was ook verbaas om te sien dat motors soms nie stop by stop strate nie. Dalk omdat dit 'n stil tyd is? Die inwoners op Stilbaai is baie vriendelik en groet spontaan."
"Hierdie was ons eerste besoek in Knysna en was aangenaam verras oor die gasvryheid wat die dorpie bied. Daar is ook baie om te doen by die Waterfront en bied ongelooflike geleenthede vir toeriste aan om die aptyt van lewenslus aan te wakker! Ongelukkig is die mense by Spar op die dorp nie baie vriendelik nie, maar andersins het ons 'n goeie ervaring van die res van die dorp ontvang in die kort tyd wat ons gebly het."
"Ons was buite seisoen daar, dit was rustig met lekker weer. Ek weet nie hoe besig dit in die spitsseisoen gaan wees nie."