Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Ongelooflike natuurskoon, staproetes vir alle tipes, pragtige huise, veiligheid, goeie restaurante Om nie eers van die seestrand en strandmeer te praat nie. Die plek het ons hart gesteel en ons beplan alreeds ons volgende vakansie in Stilbaai."
"Lovely restaurants and cafes in the town and wonderful scenic hikes at one's disposal."
"Riebeek Kasteel is naby Kaapstad met 'n gesellige plattelandse dorpatmosfeer. Dis naby aan al die bekende wynplase en ander dorpies is naby genoeg om te besoek, soos Tulbach. Daar is goeie restaurante in die dorp ook."
"Baie rustige en mooi dorp. Vol kultuur, vriendelikheid, unieke restuarante en 'n omgewing wat jou asem weg slaan."
"Lovely little village. Wish there was more to explore, but the level 3 lockdown definitely played a role."
"Meeste van die restaurante in die omgewing was uitstekend en bekostigbaar. Baie besienswaardighede in die omgewing en mens hoef nie ver te ry vir 'n lekker uitstappie nie. Baie rustige vakansiedorp en sterk aanbeveelbaar."
"Stil area met relatiewe min verkeer oor Desember. Mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Daar sal wonderlike geleenthede wees in en om Beaufort-Wes vir toerisme, maar soos gewoonlik op die klein dorpies waar jy gaan is in SA is bedelary 'n groot probleem."
"De Rust is n klein dorpie met karakter. Ons het ontbyt by Ray's baie geniet en het alles wat ons nodig het gekry by die Sentra."
"Kon nie strand toe gaan nie weens nuwe Covid reels. Jammer, want dit is 'n baie mooi strand. "
"Baie lekker vakansiebestemming. Strande is fantasties. Al die bouvlagstrande is kindervriendelik. Lappesbaai, die hoofstrand is 'n baie lekker swemstrand. Daar is nie 'n helling nie, so jy kan lekker diep instap en die golwe is nie te rof nie. Skulpiesbaai is lekker vir snorkel, kan die kleintjies leer snorkel aangesien dit baie kalm is met laagwater. Die lagoon is ook baie lekker, met hoogwater is die stroom egter nogal sterk. Het lekker gestap by Geelkrans, baie mooi staproete vanaf preekstoel en strandlangs terug. Daar is 'n stukkie deur private grond voor jy op die strand kom, en as jy hoogtevrees het kan dit dalk erg wees aaangesien dit nogal 'n vinnige daling met 'n smal bergpaadjie is tot op die pragtige strand. Die toerisme buro is baie vriendelik en behulpsaam."
"Die mark by Sedgefield, die Redberry Farm en George se kersmark was goeie ervarings en word aanbeveel."
"Ek moet die plek geluk wens met die hantering van hulle vullis en afval verwydering. Die dorp is skoon en sodoende het hulle die bobbejaanprobleem opgelos. Daar was geen van die diere in sig nie."
"Vir die gemiddelde besoeker voel ons dat die restaurante en wegneemetes duur is. As jy Lambertsbaai besoek, wees voorbereid op die reuk wat van die voëleiland se kant af kom as die wind verkeerd waai."
"Some nice small wine farms in the surrounds, but relaxation should be what you are coming for. Definitely not city hustle and bustle. Very interesting and historical towns to visit."
"Ons het Mosselbaai baie geniet. Die stad is skoon en ons het veilig gevoel waar ons die museum en vuurtoring besoek het. Ons sal beslis weer na Mosselbaai wil reis en 'n bietjie langer daar wil oorbly."