Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Ten spyte van baie reën het ons as gesin dit baie geniet en ons verstom oor die pragtige ligging en dat dit waarlik 'n plek in Suid-Afrika is. Die Waterfront het bietjie teleurgestel. Dink meer vir oorsese reisigers ideaal. Winkels nie baie wow nie. Te veel Afrika- en china-aandenkings."
"Mooi ou dorp met baie geskiedenis wat gebruik kan word om toeriste te lok en die infrastruktuur meer toeristevriendelik kan maak. "
"Restaurante is tops en die strande is lieflik sowel as die inwoners. Almal is vriendelik. "
"Rondebosch as a place is very safe and secure. The streets are clean and meet international standards. The suburb is well stocked with lovely convenient stores. It is peaceful and quiet."
"Beautiful town. Have to go back and spend more time there. BluVine is incredible venue, must visit. "
"Ek was verbaas om te sien hoe die dorpie agteruit gegaan het vandat ek 'n paar jaar gelede daar was. Daar is nie meer soveel koffiekuierplekkies nie en amper geen volwaardige antieke winkel nie. Gelukkig stel die wynplase nie teleur nie. Paddagang se tradisionele ete was heerlik, Waverley Hills (op pad na Wolseley) se ontbyt was onverbeterlik, asook hulle wynproe. Ons het wonderlike diens by Twee Jonge Gezellen se Krone en Saronsberg gehad en die beste wynproe aanbieding deur Riaan by Oude Compagnies Post! Montpellier se diens was uiters teleurstellend, ons het lank gewag met net 2 persone wat rondgehardloop het om almal te bedien en die aanbieding van die wyn was onpersoonlik en afgejaag. Alles en alles het die natuurskoon dit die moeite werd gemaak!"
"Weskus rustigheid op sy beste. Brittaniabaai is deel van die Golden Mile - lieflike strandgebied vir stap/draf en kuier by die see. Ideaal geleë om die res van die Weskus te verken."
"Kan nie juis praat oor Riebeeckstrand nie, maar Melkbosstrand is 'n lieflike plekkie."
"Lekker klein dorp-gevoel. Mense is gaaf, maar toeriste word bietjie uitgebuit tydens die seisoen - gastehuise en restaurante."
"Het dit so geniet. Was net 3 dae daar, maar gaan einde 2020 probeer om sommer 2 weke te gaan."
"Uitstekende plekkie om weg te kom van die stad se gevoel, maar ook naby genoeg winkels indien nodig!"