Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor. "
"Ai, die weer in die Strand is maar sleg en die wind waai gedurig. Aan die positiewe kant - dit is lekker naby aan Kaapstad (40 min) so mens kan maklik Kaap toe ry om besienswaardigehede te gaan besoek. Dit is ook baie naby aan Stellenbosch se wynplase as mens 'n wynproe of middagete op 'n wynplaas wil doen."
"Baie lekker eetplekkies so al langs die strand. Die Kaai 4 se Mosselpot is die beste ooit! Veilig en Afrikaans vier hoogty hier! "
"Ek hou van die wit huisies met die swart dakke. Dit is uniek aan die Weskus. Hou dit so."
"Paternoster is 'n plekkie waar mens nie veel winkels moet verwag nie. Hul kan net gerus ook op Sondae en Maandae oop wees. Dit lyk of die dorp Sondagmiddag toemaak, en eers ontwaak op 'n Dinsdag oggend! Ons het ongelukkig Sondag middag 3 uur daar aangekom, en Dinsdag oggend weer moes ry. Ons het direk van die lughawe daar aangekom, en was nie voorbereid dat daar niks oop sal wees nie. Buiten dit, pragtige dorpie!"
"Rustige dorpie met mooi skoon strande en naby geleë aan die dorp Gansbaai."
"Baie om te doen. Het meer as 2 dae nodig om behoorlik te besoek. Die dorp is baie skoon en mense baie vriendelik."
"Wonderlike positiewe ervaring. Sal beslis 'n besoek aan Stellenbosch aanbeveel."
"Was verras deur wat die dorpie alles bied. Kwaliteit lewenstyl. Asemrowende omgewing."
"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."
"It is a wonderful town, people are friendly, it is very relaxed compared to the city life. Am definitely going back there again."