Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Swellendam is vreeslik mooi en netjies, werklik 'n plesier komende vanaf Gauteng. Hou asb. so!"
"Ons het De Kelders skoon en vriendelik gevind. Die natuurskoon is pragtig en ons het veilig gevoel terwyl ons vir ver ente gestap het. Dis sentraal geleë en kon ons vandaar heerlike dagtoere doen in die omgewing. Sal De Kelders enige tyd aanbeveel by familie en vriende."
"We used to live in Hermanus and were last there about 3 years ago. It has certainly grown especially the shopping mall. However we still prefer it when is was a little village as it was in 1992."
"As a non Capetonian, navigating the narrow and very steep streets takes getting used to. "
"Groot geword op die dorp en was verbaas om te sien hoe dit uitgebrei het en hoe goed die vakansie akkommodasie is. My vriendin het ook die naweek in 'n gastehuis tuis gegaan wat net so oulik was."
"De Rust is a small town and the people are very kind and friendly. "
"Die Klein Karoo bly 'n spesiale deel van ons mooi land, dit balsem jou siel. Vriendelike mense."
"Pragtige plek met mooi strand is naby Bloubergstrand en die res van Kaapstad. Genoeg om jou mee besig te hou. Lekker eetplekke. "
"Dit is 'n pragtige dorp, met lieflike strande wat gefokus is om die omgewing te bewaar. Die dorp en strande is skoon en veilig met gasvrye inwoners en/of personeel by die onderskeie besighede wat uitstekende diens lewer. Daar is 'n groot verskeidenheid eetplekke wat maaltye van puik gehalte voorsit. Sal die dorp beslis weer in die toekoms besoek!"
"Die dorp is netjies en skoon, wat 'n pluspunt is dit nie! Ons is orals vriendelik ontvang en in Afrikaans bedien. "
"Gaan maak gerus 'n draai by Manly Wynplaas. Die nuwe wynmaker daar het soveel passie vir dit wat hy doen, dat dit aansteeklik is. Hulle voer hoofsaaklik uit, so dit was 'n klein bederfie toe hy vir ons 'n toer gegee het. Beslis uitvoergehalte wyn!"
"Dit is 'n rustige omgewing waar mense nog tot skemer in die strate draf, stap en fietsry. Daar is ook oorgenoeg winkelsentrums in die omgewing en Bloubergstrand se hoofstrand is baie naby. "