Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36612 resensies.
"Great activities, restaurants and shops to visit in walking distance."
"Pragtige plek, maar mense met honde tel nie die "landmyne" op nie. Ook waar die perde loop is oral mis. Dit is teleurstellend."
"Wil so gou moontlik teruggaan vir lekker vis, dis heerlik daar veral vir klein kinders. Daar is nie strome by die hawe se strand nie. Love dit!!"
"Franschhoek is 'n pragtige dorp met vriendelike en hulpvaardige mense."
"Prentjiemooi dorpie met baie om te doen. Heerlike restaurant om van te kies en keur. Die markie is ook 'n moet. Staproete teen die berg op vir die avontuurlustiges. Greyton is beslis 'n great dorpie!"
"Ons het verder as Rawsonville rondgery en was baie verras en beïndruk met die landbou (druiwe ens.) en plase in die omgewing. Om nie te vergeet van die wonderlike natuur van die magtige berge in hierdie omgewing nie."
"Klein plekkie wat net uit huisies bestaan, een of twee eetplekkies, beslis 'n diamant aan die Weskus as jy wil rustigheid wil hê."
"Asemrowend mooi daar! Die suidste punt van Afrika was boeiend, en ons was baie verras met die baie toeriste daar! Kan hierdie bestemming regtig aanbeveel!"
"Malmesbury, is 'n baie mooi en skoon dorp, sou graag nog 'n dag langer wou bly om bietjie meer rond te loer."
"Vir mense wat uit die stad 'n wonderlike, rustige wegbreek soek, is Clanwilliam die plek. Al die belangrikste winkels is daar en die oulikste, plaaslike besighede is daar om te ondersteun."
"Bedrywige dorpie met vriendelike mense. Uitsigte van stappies is asemrowend. Kom altyd terug vir die seekos."
"Riebeek-Kasteel is 'n pragtige en rustige bestemming wat onder 100 km vanaf Kaapstad is. Dit is vir seker 'n plek om te besoek."
"Hermon is naby die Du Vlei plaas, maar is nie werklik 'n toeriste bestemming nie. Riebeek-Kasteel (7 km van DuVlei af) en die plattelandse omgewing is die besienswaardighede en is hoekom mense uit die stad daarheen gaan oor naweke."