Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Hou dit net soos dit is, dis perfek. Daar is baie min vakansie bestemmings waar mens regtig rustigheid kan kry, hierdie is beslis een en dis wonderlik."
"Die gedeelte waar ons gebly het in Eversdal was sentraal met lekker winkels om die draai."
"Die Swartbergpas was ‘n belewenis en ongelooflik mooi. Prins Albert is pragtige en skoon karoodorp met lekker winkels en mooi oorslaapplekke."
"Kommetjie was vir jare 'n klein kusdorpie met net 'n kafee en 'n kroeg/restaurant en 'n paar kleinerige winkels, maar is besig om uit te brei. Daar is 2 winkelsentrums naby in Noordhoek, Simonstad is net 10 minute se ry, dis 'n uur van Kaap punt af, en 45 min van Kaapstad self. As jy braaf genoeg is om die koue Atlantiese water aan te durf, is daar 'n inham in Kommetjie wat as swemplek dien vir die inwoners, of jy kan 'n piekniek sak pak en Noordhoek se strand besoek. Dit is in my opinie een van die mooiste strande in die omgewing, en is ten alle tye skoon, stil en rustig, en werklik "underrated"."
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."
"We always stay in Prince albert but this year its so lacking in quaint shops, friendly people etc - only vibe good food and friendly people was at the hotel - Feels like Prince Albert has passed its peak as a stopover."
"Ons was dalk net die verkeerde tyd van die jaar daar, maar dit was ongelooflik besig gewees!"
"Beautiful little town. Awesome scenery and very central to all the major towns. great location to have as a base and travel outwards from there."
"Good for a quiet getaway - good place for a writing retreat. The rare rump steak at the Red Ox was superb. "
"Skoonste dorp, selfs op 26 Desember was daar skoonmakers in die strate. Die dorp lyk vooruitstrewend. Daar is geen bouvallige en leegstaande besighede. Hoewel daar ernstige water tekort is, was al die publieke tuine pragtig versorg. Dienslewering duidelik nie 'n probleem in Oudthoorn."
"Noordhoek strand ongelooflik mooi en Noordhoek 'n lieflike plek, stil met unieke mense en besonderse restaurante. 'n Perdry omgewing soos min."