Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"Yzerfontein het nog daai klein-dorp gevoel en is naby die Kaap. Dis 'n vriendelike dorp met goeie strande en als wat mens nodig het. Hartsplek. "
"Veilig en naby aan hospitaal en groot Spar. Enkele minute se ry na sentraal Stellenbosch. "
"Dit is naby die Waterfront en veral Langstraat het 'n lewe en karakter van sy eie. Beslis 'n rondloop werd wanneer mens in die Kaap kuier."
"Daar is beslis iets anders en baie spesiaal aan Jongensfontein. En 3 pikkewyne is die beste restaurant wat ons nog by geëet het."
"Hermanus is 'n lieflike stil dorp, sommige gebiede meer besig as ander. Ons hou nie van besige winkelsentrums nie, so ons het meer tyd in die dorp spandeer en om al die outydse winkels te sien, is 'n riem onder die hart. Die mense se goedhartigheid en oopheid in die dorp is opvallend."
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Lemon Rind"Very nice area, would definitely go back to visit without a doubt."
"Ons was op 'n Dinsdag daar en die eetplekke was basies toe gewees in die dorp."
"Heerlike strand om in te swem asook stappaadjie langs die rotse. Sentraal geleë vir besoeke aan Kaappunt, Simonstad, Kalkbaai en Kommetjie omgewing. Die verkeervloei gedurende spitstye in die hoofstraat is stadig. Ons sal na 9 in die oggende (weeksdae) met 'n motor daar probeer ry. "
"As jy regtig rus vir die siel nodig het is Franskraal beslis die plek om te wees. Dit is nog een van die min kusdorpe wat nog nie straatligte het nie en dit vat jou in 'n oogwink weg van die gejaag van die stad. As jy wil vakansie hou en nie lus is vir kos maak nie, is daar 'n hele paar goeie restaurante in die omgewing met die vriendelikheid wat jy amper net by plaasmense kry. Franskraal is beslis een van die lekkerste plekke om rus vir jou siel te gaan soek."