Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Ons het gehou van die atmosfeer in die kunstenaarsdorp. Lekker om al die interessante winkels te besoek."
"Baie rustige dorpie as jy wil wegbreek met al die nodige winkels en dit is alles baie naby."
"Gansbaai het nie veel om te bied vir naweek gangers in die sin van iets om te doen in die tyd wat ons daar was nie. Eetplekke kan regtig opgegradeer word. Gansbaaiers moet asb. nie dink dat as hul "outsiders" sien dat ons ewe skielik 'n arm en been moet betaal vir 'n normale ete nie. Ons "outsiders" kuier by baie meer plekke as net in Gansbaai en is baie meer gewoond as wat hulle van ons dink. Een van die eetplekke het regtig erg geruik (na sweet) en ons het maar elders 'n eetplek gaan soek wat maklik die rekening opskuif na R390 vir 2 burgers en n 2 drankies. Spur sal my nie eens soveel vra vir 'n "Mansize" rib nie. Gansbaaiers moet asb. seker maak dat as hul iets op die spyskaart aanbied dat dit wel beskikbaar is. Ons het Sondagoggend by Ou Meul op Stanford gaan eet met die terugkeer en ek sal dit eerder aanbeveel as 'n goeie eetplek. Gansbaai is vir my meer 'n vakansiedorp met gevestigde huise van "outsiders" wat daar vakansiehuise het of ouerige mense wat afgetree is. 'n Dorp moet vir jou iets bied om te doen as jy die dag die dorp wil explore, bietjie rondloop en die mooi goed sien. Gansbaai bied dit nie vir my nie. Ongeag bogenoemde sal ek enige tyd weer terugkeer na Gansbaai vir 'n naweek of 'n week, maar ek sal my voorberei vir dit wat ek wil doen om my besig te hou en te vermaak."
"Ons het Saterdag uitgery vir n wynproesessie. Ongelukkig weens Covid was baie van die plekke toe of baie stil. Maar ek besef dis nie hulle skuld nie. Ons het wel 'n Gin-toets gedoen by Wild Rose. Die eienaar, Nadia, is amazing. Nuwe vriend gemaak daai dag. Wellington is 'n pragtige dorp en ek sal definitief weet teruggaan soontoe."
"There isn't much to see or places of attractions, unless you want to chill, you would have to drive to the nearest towns."
"Lekker plek om vakansie te hou. Ons het dit geniet, strate is mooi skoon en mense besonders vriendelik en behulpsaam."