Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Bellville as sulks is nie 'n toeristebestemming nie, maar dis soort van in die middel van die Skiereiland en as jy wyd wil kuier is dit die ideale plek om te bly."
"The location is not for the fun-seeking type, but very secure with lovely walks and ample space for safe biking expeditions. "
"Die plek self is baie mooi en rustig. Ons het geen probleme ondervind, mense was vriendelik en behulpsaam. Ek was wel 'n bietjie ongemaklik omdat smouse kort-kort my rustigheid onderbreek het, maar andersins was die plek self baie ontspannend. Daar was ook 'n huisinbraak by ons bure wat my omtrent afgeskrik het."
"Pragtige, stil, skoon dorp waar alles wat jy nodig het op Worcester te kry is. Naby aan 'n aantal goeie wynplase en interessante eetplekke."
Britannica Heights, Western Cape
Whale n Daisy"Rustig en net reg om weg te breek van die besige stadslewe af."
"The pub - The lighthouse. We went to the pub and was met with a nice, cosy and friendly atmosphere. The outside area was extremely nice and cosy with the huge fireplace. The waiter, Courage, was extremely friendly and made us feel welcome. I will recommend this pub to everybody whenever you are in this area. "
"Die dorpie is so mooi skoon en instandehouding kan 'n mens duidelik sien. Vriendelike mense oral om. Die natuurskoon is asemrowend al was dit droog. Ek sal vir seker weer daarheen gaan."
Mossel Bay Central, Western Cape
Bay Vista Guesthouse"Was net bekommerd oor ons motor in die straat geparkeer moes staan. Maar Johan het ons verseker dat hy enige ongewenste gaste sou laat spaander. Miskien kan julle dalk net voorsiening maak vir veiliger parkering om gaste meer gerus te laat voel. "
"Oulike dorp, ek sal nou nie self in die dorp oorbly nie, maar die omliggende plekke is 'n moet sien en daar is baie plekkies wat ek dink jul by jul lys kan gaan voeg. Ons het Oudsthoorn toe gery en Calitzdorp wat meer bied."
"Die visfabriek het 'n onaangename reuk verskaf, ons hoop van harte dat dit net tydelik was. "
"Maak 'n draai by Weskus Kombuis - vriendelike diens & goeie kos was nog altyd 'n wen kombinasie!"
"Is aangenaam verras deur die middedorp, beskikbaarheid van dienste en min verkeer."
"Ek was nog altyd 'n baie groot liefhebber van Montagu en was al bitter baie daar vir oornag akkomodasie of vakansie. My laaste 2 ergvarings was dus dat ek die "locals" baie onvriendelik vind. Ek bly self op 'n klein dorp en hier groet almal mekaar en dit was voorheen die gevoel wat ek op Montagu gekry het, maar laaste twee besoeke was dit nie die geval. "