Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36180 resensies.
"Baie lieflike wynplase vanaf MCC- tot gin-tastings. Fietsry-roetes. Bootvaart op die Breede tot 'n trekker-trip of ou Cadillac-toer. So veel te doen sommer of winter tyd met 'n verskeidenheid warmbronne. "
"Daar was geen eetplekke oop teen 6 uur die aand nie. Slegs Wimpy, Steers of Kentucky."
"Pragtige plek! Die see, lagoon en berge sommer alles by mekaar. Ook baie naby aan ander mooi plekke soos Knysna, Plett en George."
"Mooiste, rustigste dorp in Suid-Afrika. 'n Jaarlikse bestemming op ons lys om na uit te sien. "
"Dit was regtig lekker. Dit was warm, maar pragtig en daar is so baie om na te gaan kyk. Fietsry, stap, wynproe. Een van beste plekke in die Kaap."
"Wees versigtig vir mense wat kreef wil smous. Hou maar waardevolle besittings weg uit die oog. 'Petty crime' is aan die toeneem. Maar Paternoster bly 'n juweel van 'n plek met die mooiste skoon strande."
"'n Klein kusdorpie met restaurant wat lekker kos bedien, en elk het 'n lekker gesellige atmosfeer. Alle winkels is loopafstand en die mense van die dorp is baie vriendelik."
"A great place to visit - the experience of the vast Karoo with a blend of spectacular mountains as a back drop .... and Open Art Sudios a great initiative"
"Nature's Valley is asemrowend! Strand en berge en strandmeer is baie mooi en heerlik vir stap, oefen, swem, roei en fietsry."
"Ongelooflike pragtige natuurskoon. Lekker snorkelareas en veilige, skoon strande. Heerlik indien mooi weer, nie veel in area te doen wanneer koud en reënerig, so sorg dat jul by 'n goeie plek bespreek met mooi uitsig oor see."