Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Riebeeck-Wes is 'n rustige dorpie, 'n klipgooi vanaf Riebeeck Kasteel, waar daar oulike snuffel- en kuierplekkies is. Dorpies met aantreklike atmosfeer, naby Durbanville, Kaapstad."
"Rustige kusdorpie waar jy heerlik kan ontspan en lekker eet. Mense is vriendelik en baie hulpvaardig."
"Lovely. I suspect it will develop rapidly with people leaving the metropolitan areas. A lot of opportunities. I'm also planning to relocate to St Helena Bay early next year. That was part of the reason for my visit."
"Dit is net 'n te besige plek vir die tipe vakansie wat ons van hou. Was hier vir 'n troue daarom het ons Kaapstad besoek."
"Besoek asb. die museum. Die toergids is die aangenaamste persoon wat ek nog ooit beleef het en sy ken die geskiedenis baie goed. "
"Die restaurant by die strand is nie oop op Maandae en Dinsdae nie. Doringbaai is dan die naaste eetplek."
"Die hoofstraat waar die Hotel is, is te nou en die sypaaitjie kan nie 2 mense langsmekaar loop nie."
"Dis al vir jare ons as gesin se kuierplek by familie. Deur die jare het hulle minder geword, maar dit keer ons nie om weer daar te gaan kuier en ontspan nie."
"Omdat Doringbaai as 'n klein, slapende Weskusdorpie beskryf kan word is hy nie geskik as 'n normale vakansiebestemming nie."
"Hoofstraat 'n bietjie verwaarloos en die kinders met hulle skulpies het ons mal gemaak."
"Die natuurskoon is asemrowend. Die kampeerterrein is puik uitgelê en skoon en netjies. Die omgewing is ook skoon, paaie netjies. En daar is baie blomme om te sien."
"Tremor Coffee Bar is 'n moet vir die heerlikste koffie! So baie om te ontdek in die area. Ons het in die kort tydjie slegs tyd gehad om Loxton Ciders te besoek en 'n vinnige stappie teen die berg na die dam te doen. Sal graag met meer tyd Zipline Adventures te besoek en al die fietsryroetes."
"Montagu is 'n klein juweel van 'n dorpie met pragtige natuurskoon, interessante geskiedenis en vriendelike mense."