Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Baie netjiese en skoon omgewing, nooit onveilig gevoel in enige strate of winkelsentrums nie. Verskeie goeie restaurante en winkels in Hartenbos."
"Lieflike veilige area naby aan Universiteit, Spar en restaurante."
"Franskraal het 'n lang oop strand (met en sonder rotse) met 'n paadjie wat al langs die see loop. Dis rustig en skoon en 'n lafenis vir die siel. "
"Was meer as 10 jaar gelede ook hier en dis hartseer om te sien hoe daar nou skaars skulpe is en mens sien oral dooie visse uitspoel op die strand. Die mens sal sorg vir ons eie ondergang."
"Onvoorspelbare klimaat, gaan voorbereid en vat swembroek tot wintersbaadjie. Jy betaal 'n prys vir die ongekende mooi van die plek."
"Dis 'n wonderlike, rustige bestemming waar mens baie lekker kan ontspan in die natuur weg van al die daaglikse gejaag."
"Lovely beach, wonderful catwalk, friendly community, nice reasonably priced restaurants, plenty to do in and around Fish Hoek area."
"Baie rustig maar, daar is genoeg om te doen in die gebied as mens wil besig bly. Ons het net die uitsig en die strand geniet!"
"Ligging is goed. Winkels is oral en petrolstasies en nodige kitstellers. Pragtige omgewing."